advertisement
Question
Posted by: nicolette | 2010/03/08

naar tydens oefining

ek is n 37jarige vrou ek probeer elke dag maandae tot vrydae in die gym oefen en as ek nie kan doen ek dit by die huis die probleem is dat soms word ek erg naar en effens van balas as ek oefen ,ek doen 45 min interval cardio en dan n circuit en ekstra oefeninge saam dit ek drink n usn shake voor ek gym toe gaan ek is eintlik al raadop dalk verbeel ek my??

ek wil ook noem dat ek my vet% van 23% na 20.3 en die afgelope vier weke af na 18.4% gebring het ek weeg 77kg en is 1 78 lank ek wil so graag in die gesonde vet zone val en sal aanhou oefen

ontbyt:usn shake of sny toast met eierwit
snack:vrugteslaai
middagete:broodjie met kaas
snack:geen
aandete:aartappel vis/hoender/maalvleis
heelwat koffie met lae vet melk geen suiker deur die dag maar ook water

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nicolette
Jou BMI = 24,3 wat alreeds binne die normale reikwydte val (18-25). Die feit dat jy jou liggaamsvet% al so drasties verlaag het, dui aan dat jy wel baie vet verloor het. Die normale liggaamsvet% vir vroue wat nie top atlete is nie, is 24%! Ek wonder of die feit dat jy soms naar en duiselig voel as jy oefen nie te doen het met ooreising of lae bloedsuiker. Volgens jou eet jy omtrent geen koolhidrate nie, en koolhidrate is die beste bron van vinnig beskikbare energie vir strawwe oefening. As jy dus probeer om so hard te oefen en jou liggaam het geen bron van energie, sal jou bloedsuikervlakke sodanig verlaag dat jy kan naar voel. Ek wil graag aanbeveel dat jy 'n dieetkundige moet spreek, dat sy met jou gaan sit en uitwerk hoeveel energie jy tans inneem en hoeveel energie jy eintlik nodig het. Sy sal ook kan aandui of jy 'n bron van lae-GI (glisemiese indeks) koolhidrate moet gebruik by elke maaltyd om te sorg dat jy nie hipoglisemies word nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook aanbeveel of jy dalk mediese behandeling vir die lighoofdigheid nodig het, maar ek reken dat as jy die korrekte dieet inneem dat jy baie beter gaan voel.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: X | 2010/03/09

Beste Nicolette,

Jy kry waarskynlik lae bloedsuiker. Ek dink jy sal meer vet by jou dieet moet voeg om te help om bloedsuiker te stabiliseer. Hoë  GI koolhidrate (brood, aartappel) destabiliseer bloedsuikervlakke, en proteiene is minder effektief as vet wanneer dit kom met bloedsuikervlakke stabiel hou. Verder moet jy ''n meer energie-gewende " snack"  eet voor jy gaan oefen eerder as ''n USN shake wat insulien vrystelling " trigger"  sonder om vir dit genoeg suiker te gee om op te werk. M.a.w. As jou bloedsuiker normaal is voor jy die shake drink, en die shake " trigger"  insulien vrystelling, gaan die insulien glukose uit die bloed uit haal sonder dat daar ekstra bygekom het, en dan voel jy naar en flou. Eet eerder iets soos 3 provitas met lekker dik skywe kaas / kouevleis ipv die shake. (Die provitas om lae-GI suiker beskikbaar te stel vir jou liggaam om te gebruik, en die kaas / kouevleis om te help met energie later in die oefen sessie).

Reply to X
Posted by: DietDoc | 2010/03/09

Beste Nicolette
Jou BMI = 24,3 wat alreeds binne die normale reikwydte val (18-25). Die feit dat jy jou liggaamsvet% al so drasties verlaag het, dui aan dat jy wel baie vet verloor het. Die normale liggaamsvet% vir vroue wat nie top atlete is nie, is 24%! Ek wonder of die feit dat jy soms naar en duiselig voel as jy oefen nie te doen het met ooreising of lae bloedsuiker. Volgens jou eet jy omtrent geen koolhidrate nie, en koolhidrate is die beste bron van vinnig beskikbare energie vir strawwe oefening. As jy dus probeer om so hard te oefen en jou liggaam het geen bron van energie, sal jou bloedsuikervlakke sodanig verlaag dat jy kan naar voel. Ek wil graag aanbeveel dat jy 'n dieetkundige moet spreek, dat sy met jou gaan sit en uitwerk hoeveel energie jy tans inneem en hoeveel energie jy eintlik nodig het. Sy sal ook kan aandui of jy 'n bron van lae-GI (glisemiese indeks) koolhidrate moet gebruik by elke maaltyd om te sorg dat jy nie hipoglisemies word nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal ook aanbeveel of jy dalk mediese behandeling vir die lighoofdigheid nodig het, maar ek reken dat as jy die korrekte dieet inneem dat jy baie beter gaan voel.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement