advertisement
Question
Posted by: Karen | 2011/06/19

Naar

Hi Dr. Dankie vir u antwoord op my vraag (nr1327). Vrydag is ek na n ander dr toe siende my dr nie beskikbaar was nie. Hy het ook kop gekrap oor wat die oorsaak kan wees. Hy het my toe ingespuit vir die naar en nie eens dit het die naar weg gevat nie en stemetil pille voorgeskryf wat later die middag bietjie begin gehelp het. Ek het gister oggend begin om emex stroop ook te drink wat toe begin help het. En vandag is die naar uiteindelik weg!!!!! Na basies 2 weke van permanent naar wees. Gedink ek sal kyk en indien dit terug kom doen wat u voorgestel het of dink u ek moet inelkgeval verder ondersoek laat doen vir oorsaak? En sal hulle inelkgeval net die oorsaak kan opspoor wanneer die simtome daar is of hoe? Dankie vir u hulp....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karen

Ek stel voor dat jy dit in elk geval laat ondersoek. Al is die simptome nie daar nie, sal die spesialis nog steeds 'n diagnose kan maak.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement