advertisement
Question
Posted by: Linda | 2010/09/14

Naar

Hi Doc, ek is vanaf die naweek naar, dit kom ek gaan. Ek raak nie sommer naar nie, eet altyd veselryke ontbyt, nadat dit laasmaand klaargeraak het het ek nie weer gekoop nie en het oats/mieliemeel geeet. Toe kom ek agter dat ek hardlywig raak en Saterdagaand na ete het ek begin naar word. Het 2 glase coke gedrink om die naarheid weg te kry (dit help my beter as eno). Sondag, amper heeldag was ek naar, aan en af. ek het 250ml pruimesap gedrink, het nie uitgegaan van dit nie. Ek het groentee sonder suiker gedrink, toe het ek '' n bietjie beter gevoel, maar die naarheid het later weer teruggekom. Gister het ek met my ma heeldag by ''n hospitaal gesit en het die oggend net ''n piesang en sap gehad vir ontbyt en eers die aand weer geeet. Naarheid was weg, maar vandag voel ek asof die naarheid net weer wil terug kom. die naweek toe voel dit asof ek wil opbring, maar kon nie. Ek glo nie om maagwerkgoed te gebruik nie en wil liewer op ''n natuurlike manier gereeld uitgaan. Wat kan ek doen of gebruik? Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Linda
As jy gedurig naar voel, kan dit deur baie verskillende faktore, behalwe hardlywigheid, veroorsaak word. Indien jy nog steeds naar voel, behoort jy jou dokter te spreek net om seker te maak dat jy nie dalk aan 'n ander mediese toestand ly nie (bv. galblaasversteuring, virusinfeksie, ernstige spanning a.g.v. jou moeder se siekte, ens). Noem asb ook vir die dr dat jy tans so hardlywig is, want dit sal dalk nodig wees om jou hierdie keer te help met 'n klisma of spoeling. As jy weer gesond is, wil ek aanbeveel dat jy klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Food as Medicine' en die 'Healthy colon' afdeling lees en toepas. Dit is veral belangrik om onoplosbare vesel (ongesifte grane soos All-Bran, hawermout en koringsemels, heelgraanbrood of -beskuitjies) en droë vrugte (veral pruime en appelkose) te eet. Daarbenewens help dit om goeie mikroörganismes soos Bifidoflora (koop by gesondheidswinkels) elke dag te neem. Oefening soos flink stap vir 30 minute per dag kan ook help. Sorg dat jy oor die dag 2,5 liter vloeistof inneem (water, melk, tee, koffie, vrugtesap, ens) want dit help die vesel om op te swel en dermbewegings aan te moedig.
Maar gaan sien tog asb die dr
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/09/14

Beste Linda
As jy gedurig naar voel, kan dit deur baie verskillende faktore, behalwe hardlywigheid, veroorsaak word. Indien jy nog steeds naar voel, behoort jy jou dokter te spreek net om seker te maak dat jy nie dalk aan 'n ander mediese toestand ly nie (bv. galblaasversteuring, virusinfeksie, ernstige spanning a.g.v. jou moeder se siekte, ens). Noem asb ook vir die dr dat jy tans so hardlywig is, want dit sal dalk nodig wees om jou hierdie keer te help met 'n klisma of spoeling. As jy weer gesond is, wil ek aanbeveel dat jy klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Food as Medicine' en die 'Healthy colon' afdeling lees en toepas. Dit is veral belangrik om onoplosbare vesel (ongesifte grane soos All-Bran, hawermout en koringsemels, heelgraanbrood of -beskuitjies) en droë vrugte (veral pruime en appelkose) te eet. Daarbenewens help dit om goeie mikroörganismes soos Bifidoflora (koop by gesondheidswinkels) elke dag te neem. Oefening soos flink stap vir 30 minute per dag kan ook help. Sorg dat jy oor die dag 2,5 liter vloeistof inneem (water, melk, tee, koffie, vrugtesap, ens) want dit help die vesel om op te swel en dermbewegings aan te moedig.
Maar gaan sien tog asb die dr
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement