advertisement
Question
Posted by: Karen | 2010/04/23

na lang siekbed

Ek was vir 23 dae in die hospitaal met ''n onbekende virus infeksie. ''n week by die huis en het Maandag begin werk. My hoofpyne, koors en lyfseer is baie beter, maar ek voel verskriklik swak en bewerig en my bene voel soos jellie. Ek voel geweldig moeg en sukkel om op my werk te konsentreer. Ek bid net om deur die dag te kom.

Dis is seker van die baie lê ? Het u vir my enige raad ? Wat kan Dokter vir my aanbeveel om my kragte op te bou.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karen

Ek stel 'n goeie dieet en baie rus voor. Jy kan jou vitamiene aanvul met Vitamien C 1000mg per dag, asook Selenium en sink. Omega 3 & 6 kan ook van waarde wees. Afhangende van die tipe virus, kan jou herstel solank as 6 tot 8 weke wees. Moet asseblief nie enige stimulante soos Bio-plus gebruik nie, aangesien hierdie produkte 'n terugslag kan veroorsaak.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement