advertisement
Question
Posted by: Skaam | 2012/02/06

''n Brand gevoel

Goeie dag dr

Ek is ''n jong dame, 26jr van ouderdom. Ek het verlede week en Maandag my maandstonde gekry, en saam met dit ''n gebrand op my vel reg by die opening van my vagina.

My maandstonde is reeds verby en steeds het ek die verskriklike gebrand, Ek het eers Medaspor vaginale room ingespuit wat die vel net meer laat brand het. Vandag het ek besluit ek gaan Fissan paste probeer. Niks help nie.

Ek het gevoel daar is geen knoppies nie, maar selfs om met toiletpapier af te vee is seer en laat dit meer brand. Seks is ook pynlik, want die kondoom brand die vel.

Is dit ''n swam of dalk ''n vel allergie? Dis die eerste keer in my lewe wat dit so is.

Wat kan ek aansmeer? Ek was 2maande terug vir ''n papsmeer. Geen probleme nie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dit is moontlik dat jy 'n velallergie ontwikkel het. Ek stel voor dat jy jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer om vas te stel wat die oorsaak is. Intussen stel ek voor dat jy slegs katoen onderklere dra en Baby Soft wit toiletpapier gebruik, aangesien sommige mense allergiese toestande vir gekleurde toiletpapier en onderklere wat nie 100% katoen is nie, ontwikkel.

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Thea Schutte | 2012/05/07

Dit is korrek wat Dr Anrich sê  - heelparty vrouens ontwikkel ''n allergie vir sintetiees stowwe,maar min besef dat ons sanitê re produkte sintetiese stowwe bevat wat tot allergieë  kan lei. Daar is ''n 100% organiese katoen reeks, MASMI, beskikbaar by apteke, Gesondheidwinkels en Clicks wat oorweeg kan word om te help verligting bring.

Reply to Thea Schutte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement