advertisement
Question
Posted by: Rico | 2010/03/22

myotonic muscular distrophy

Ons dogter het op 35 weke, na ''n gekompliseerde swangerskap, geboorte geskenk. Baba is na 3 dae oorlede. Nadoodse ondersoek bevestig dat hy gebore is met myotonic muscular distrophy. Die laaste paar weke van swangerskap was sy gehospitaliseer en behandel deur oormatige vrugwater te tap. Dr het gese baba is okay en kortisoon is toegedien om sy longe gereed te kry vir premature geboorte. Nadat longe as ryp getoetes is, is sy toegelaat om te kraam.
As leek wonder ek oor die volgende: Was die oorvloedige vrugwater ''n waarskuwing dat fetus in gevaar was? Kon die abnormaliteite met ''n sonartoets opgetel word? Kan klompvoetjies op sonar gesien word? Eerste seuntjie ontwikkel normaal, kan hy ook die siekte oorgeerf het? Wat van ''n volgende swangerskap?
Hulle woon in Switzerland.
Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Rico

"Myotonic muscular distrophy" is die algemeenste vorm van spier distrofie in volwassenes. Dit begin gewoonlik op ouderdom 20 tot 40. Daar is 'n duidelike genetiese merker en dus kan die eerste kind getoets word vir hierdie geen abnormaliteit wat die spier distrofie veroorsaak. Daar is ongelukkig geen behandeling vir die toestand nie.

Ek kry geen inligting oor "myotonic muscular distrophy" wat pasgeborene baba sterftes veroorsaak nie en ek stel daarom voor dat jou dogter haar ginekoloog konsulteer.

56% van vroue met te veel vrugwater het geen duidelike oorsaak nie. Te veel vrugwater word wel gesien waar die moeder 'n diabeet is of waar daar sekere struktuele abnormaliteite van die fetus se gastrointestinale sisteem voorkom (vernouing van derms). Dit word ook gesien waar die fetus abnormale nierfunksie het. Te veel vrugwater word ook waar geneem waar 'n fetus 'n genetiese afwyking toon, soos bv. Downsindroom. Te veel vrugwater kan dus 'n gevolg wees van 'n fetale abnormaliteit.

Klompvoete kan met 'n laat sonar opgetel word.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement