advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2011-08-30

Myeloma/metastasis

Beste Dr Anrich
Ek weet nie of u sal onthou dat ek so tydjie gelede aan u geskryf het re. my skoonmoeder wat in Botswana opgeneem was en ek u raad gevra het oor 2de opinie, sy is 5dae gelede opgeneem met konstante erge rugpyn, het spasmas, kon gladnie staan, of loop. Die uitslag van haar mri as volg: L3 verbrokkel - suspusieus metastasis, met infiltrasie beenmurg myeloma, malignant tumor t9-t11 - ek neem aan dit is torakaal. Longe, kolon, pankreas en lewer skoon. Dit is ''n absolute skok vir ons, sy is maar 68. Ek wou u net graag laat weet, ek is so spyt dat sy nie baie vroeer reeds na meer as een mediese praktisyn wou gaan, ek dink dit moet al geruime tyd daar sit? Ons wag nou op nog uitslae van biopsies ens. Al wat ons nou kan doen is bid en haar ondersteun. Vriendelike groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Charlotte

Ek is regtig jammer om te verneem van jou skoonma se diagnose. Dit is werklik die slegste scenario om siek te word en van jou gesondheid beroof te word. Alle sterkte en hou my op hoogte.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement