advertisement
Question
Posted by: Jaco | 2011/01/16

My vrou het geen libido

Dokter help asb. Ek is 1 jaar getroud, 2 geonde pragtige kinders en ''n goeie huwelik. My vrou stel byna glad nie in seks belang nie. As ek aan haar vat ens raak sy skaars nat. Ons is al2 38. Sy se 2 keer ''n week is te veel ons kan een keer ''n week seks he. Sy word ook glad nie meer regtig nat nie. Toe ons jonk was , was sy baie nat nou net ''n bietjie. Is daar pille wat ek vir haar kan gee om te drink dat haar libido hoer raak.\

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSexologist

Vrouens is ‘n effe meer gekompliseerd as mans en daar is ongelukkig nie medikasie op die mark wat deur die nodige wetenskaplike navorsingsprosesse ontwikkel is nie. Dit klink asof julle definitief sou kon baat vind by ‘n terapeutiese proses waar julle intieme verhouding en julle onderlinge behoeftes bespreek sou kon word. ‘n Verhouding het twee individue en daar is dikwels verskillende uitdagings en behoeftes en dit gaan oor hoe mens die behoeftes geintegreerd kan kry veral na die geboortes van kinders.
U is welkom om ons hulplyn te kontak - 0860100262 waar u in kontak gebring kon word met ‘n professionele persoon so na as moontlik aan u.
Verder is u welkom om ons webblad te besoek – www,sexualhealth.co.za vir enige verdere inligting wat van hulp sou kon wees.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: lizzie | 2011/01/21

Miskien moet julle mans ophou op net in die bed en wanneer die lig af is te probeer SEKS hê . Wat het geword van ''n soentjie in die nek terwyl kos maak, haar help in die kombuis of met die kinders of indien daar nou regtig niks is om te doen nie - sit net by haar en gesels met haar - stel in haar belang. Maar NEE kom by die huis skop die skoene uit en gaan sit voor die TV. Onthou sy is ook moeg al is ons superwoman word ons ook moeg, maar ons mag mos nie moeg wees nie. Maak liefde met haar van die oggend tot die aand - NIE fisies nie. EN glo my jy sal baie beter reaksies kry. EN JA hoekom is skelmpies so lekker - weet jy wat - dis net omdat niemand daarvan weet nie - want glo my sodra almal weet gaan dit ook nie meer lekker wees nie - maak jou vrou jou skelmpie. Koop vir HAAR blommer en die sjokolade, die sjampanje - als wat jy vir ''n skelmpie sal koop en doen - DOEN DIT VIR HAAR!!!!

Reply to lizzie
Posted by: Ja nee | 2011/01/17

Sluit aan by die klub ou broer. Hulle is vol k-k. Soek ''n skelmpie, jy''s geregtig daaraan.

Reply to Ja nee
Posted by: Chris | 2011/01/17

Hi, wat is fout met julle jong mense, ek is 52 en my vrou 48 en ons spyker n hond uit n bos uit, so 4-5 keer per week.

Reply to Chris
Posted by: Frikkie | 2011/01/17

Jaco, ek weet presies hoe jy voel. Die ergste van alles is dat dit net erger gaan raak. Ek is 12 jr getroud en het seks seker so 1 keer in 2 tot 3 maande. Ek het my Dr so ver gekry om antidepresante vir my voor te skryf wat my baie help om my libido te verlaag want waragtig waar, ek oorweeg dit elke dag om te cheat.

Miskien moet jy diaai romaniese ding traai, blomme koop en elke dag lovie dovie wees miskien net miskien help dit.

Reply to Frikkie
Posted by: friend | 2011/01/17

dit is die troukoek se skuld. voor die huwelik gaan dit baie goed, na die huwelik dan neem dit af, join the club daar is baie van ons in dieselfde boot.

Reply to friend
Posted by: sexologist | 2011/01/17

Vrouens is ‘n effe meer gekompliseerd as mans en daar is ongelukkig nie medikasie op die mark wat deur die nodige wetenskaplike navorsingsprosesse ontwikkel is nie. Dit klink asof julle definitief sou kon baat vind by ‘n terapeutiese proses waar julle intieme verhouding en julle onderlinge behoeftes bespreek sou kon word. ‘n Verhouding het twee individue en daar is dikwels verskillende uitdagings en behoeftes en dit gaan oor hoe mens die behoeftes geintegreerd kan kry veral na die geboortes van kinders.
U is welkom om ons hulplyn te kontak - 0860100262 waar u in kontak gebring kon word met ‘n professionele persoon so na as moontlik aan u.
Verder is u welkom om ons webblad te besoek – www,sexualhealth.co.za vir enige verdere inligting wat van hulp sou kon wees.

Reply to sexologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement