advertisement
Question
Posted by: F.G. | 2010/10/09

My skildklier het vergroot. Help asb.

HELP ASB -Ek is 55jaar, hoë  cholestrol - 8.1 en gebruik CRESTOR 5mg en het `n onderaktiwe skildkliier, wat ook nou vergroot is. Ek word tans behandel deur `n homeopaat vir onderaktiwe skildklier en ook met dopamien, serotonien, pregnanoloon vir lae hormoon vlakke - estrogeen ens. Ek is ook insulien weerstandig, oorgewig, depressief, altyd moeg, brein reageer nie meer so flink,altyd moeg, buierig, alhoewel die laaste tyd is ek totaal afgestomp, het geweldige stres a g v werk, en ook emosionele spanning in ons gesin. Ek is 161 cm lank en weeg sommige dae 79kg, die volgende dag 82kg. Ek moet dringend ten minste 10% van my gewig afskud. Kan jy mt help met `n eetplan asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste FG
Omdat jy so 'n komplekse siektebeeld het, is dit essensieel dat jy ‘n geregistreerde dieetkundige moet spreek aangesien die dieetkundige 'n individuele dieetvoorskrif vir jou sal moet opstel wat al jou probleme in ag neem. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Ek sal ook aanbeveel dat jy liewer 'n Endokrinoloog vir jou onderaktiewe skildklier moet sien omdat dit Baie belangrik is dat jy skildklierhormoon-aanvullings soos Eltroxin moet gebruik. Die homeopatiese benadering verskaf nie vir jou die hormoon nie, maar prikkel jou skildklier tot so 'n mate dat dit vergroot. Jy sal moontlik die vergrote deel van jou skildklier moet laat verwyder om addisionele komplikasies te vermy. Vra hou huisarts om jou so gou as moontlik na 'n Endokrinoloog te verwys.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/09

Beste FG
Omdat jy so 'n komplekse siektebeeld het, is dit essensieel dat jy ‘n geregistreerde dieetkundige moet spreek aangesien die dieetkundige 'n individuele dieetvoorskrif vir jou sal moet opstel wat al jou probleme in ag neem. Dit is nie iets wat ek vir jou oor die Internet kan doen nie. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Ek sal ook aanbeveel dat jy liewer 'n Endokrinoloog vir jou onderaktiewe skildklier moet sien omdat dit Baie belangrik is dat jy skildklierhormoon-aanvullings soos Eltroxin moet gebruik. Die homeopatiese benadering verskaf nie vir jou die hormoon nie, maar prikkel jou skildklier tot so 'n mate dat dit vergroot. Jy sal moontlik die vergrote deel van jou skildklier moet laat verwyder om addisionele komplikasies te vermy. Vra hou huisarts om jou so gou as moontlik na 'n Endokrinoloog te verwys.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement