advertisement
Question
Posted by: Anonymous | 2009/04/29

My seun 3jr wil niks met my te doen he nie

Ek is so hartseer en so desperaat, dit is nou-al die 5de nag wat ek huilend in die bed klim en wens ek was eerder dood, ek dink baie aan selfmoord. Ek dink as ek ' n pistool gehad het, was ek allankel verlos van al hierdie pyn op aarde. Op die oomblik is ek ok, ek is by die werk en die mense hier waardeer my meer as die by die huis. My kind wil niks met my te doen hê  nie, dit is net sy pa voor en sy pa agter. Dit is net die afgelope paar dae. Ek speel gewoonlik met hom wanneer ons by die huis kom, maar hy wil net by sy pa wees, try ek hom op elke liewe denkbare manier weglok, buite, bad, fietsie you name it, maar hy wil NIKS weet nie, dit fustreer my man so (ons ooreenkoms was dat hy aandete maak en ek na seun omsien) ek kry hom nie eers in die bad nie. Hy is verskriklik rebels teenoor my. Ek moet 2 dinge noem wat tot sy houding kan bydrae lewer. En ek moet dringend weet hoe om dit te herstel. 1. My ma het die afgelope tyd omgesien na my seuntjie en ons het hom begin April in ' n skooltjie gesit, in die begin toe ons hom aflaai was dit ok, maar na die 3de dag het hy elke keer gehuil as ons hom aflaai, die week voor verlede week, kon ek hom nie eers sover kry om aan te trek nie. Ek en my man het besluit hy gaan nie terug nie, want ons wil nie hom daardie vrees gee vir skool nie. Ons het hom egter verlede Vrydag gedwing en van daar af is hy so glingy aan sy pa. Die 2de faktor is dat ek en my man verlede Woensdag baie erg voor hom baklei het (ek is SOOO SPYT daaroor) Ek probeer altyd my uiterste bes om net stil te bly en om te draai...maar slaag nie altyd daarin nie. Ek is nou soo bang hierdie vreeslike uitbarsting het ' n lelike letsel gelos. Ons het vir hom na die tyd gesê  dit sal nooit weer gebeur nie, maar ek dink die damage is done. Hoe kan ek die orde herstel. Hoe gaan ek weer my kind se vertrou wen?? Ek is bitter ongelukkig.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hey, hey, A, hold on there, and doing think of harming yourself. Call Lifeline, and arrange also to see a psychiatrist for a proper assessment and help. This can include treatment for your depression and despair, and advice on working more successfully with your child --- as a couple, because the child needs both of you even if right now, for some reason, he is not relating well to you. Work together with a counsellor tp devise a proper set of family rules and a disciplinary system, so your child can become a child again, and stop dominating and running the family. Such family / marriage counselling ( such as through FAMSA ) will help all of you, and aoid the unhappy arguments you have started having between you and your husband. And stop crawling and begging the child to appreciate you --- you deserve his love, and shouldn't have to beg for it

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/04/29

Ek verstaan hoe jy voel, maar moet asseblief nie dink jy het iets verkeerds gedoen nie! Dit is defnitief ' n staduim waardeur hulle gaan op daardie ouderdom. My seuntjie was presies dieselfde op ongeveer dieselfde ouderdom. Hy wou niks met niemand anders as sy pa te doen gehad het nie. Hy is nou amper 5 jaar en deesdae is dit net mamma.

Dit kan ook wees dat hy jou half kwalik neem omdat hy moet skool toe gaan, maar hy sal gou agter kom dat dit nie jou skuld is nie. Al raad wat ek vir jou kan gee is om net liefdevol en normaal teenoor hom op te tree. Miskien moet jy en jou man vir eers rolle ruil, jy maak kos en hy bad vir kleinding. Ja dit is nie reg om voor die kinders te baklei en te skree nie, maar ons is almal net mense en verloor soms beheer. Moet nie dat dit jou depressief maak nie.

Sterkte en onthou jy is sy mamma en hy is lief vir jou!!!!

Reply to Anonymous
Posted by: Liza | 2009/04/29

Dit klink nie vir my asof jou probleme met jou seun die enigste rede is hoekom jy depressief is nie. Ek kry die idee dat jy probleme in jou huwelik het wat miskien meer rede is vir die depressie. Miskien sal dit goed wees as jy ' n psigiater gaan sien oor die depressie en gesels oor wat vir my lyk asof jy amper toelaat dat jou man jou as ' n vloerlap gebruik. Hoekom kan julle nie vir ' n paar aande verantwoordelikhede omruil nie? Dit help nie om net altyd stil te bly en aan te gaan nie. Probleme gaan begin ophoop binne in jou en een of ander tyd gaan jy ontplof! Die feit dat jy al depressief is en self-moord wil pleeg beteken miskien dat jy alreeds besig is om te ontplof.

Sterkte
Liza

Reply to Liza

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement