advertisement
Question
Posted by: Bekommerde dogter | 2009/03/27

My ma verloor verskriklik gewig help asb

Dr. Bets,

Ek is baie bekommerd oor my ma. Sy bly so 2 ure se ry van ons af en ek sien haar nie so baie soos ek moet nie, maar ek het die skok van my lewe gekry toe ek haar nou onlangs besoek het. Vanaf Desember het sy ongeveer 10kg verloor en sy het in Des. reeds 50kg geweeg. Sy is niks meer as ' n geraamte nie!!! Dis verskriklik erg. Sy eet volgens haar... maar het konstante diaree. As ek haar smeek en soebat om Dr. toe te gaan dan sê  sy net dat sy nie tyd of geld het nie, daar is belangriker dinge as haar gesondheid. Dit maak my briesend kwaad, en ly net tot gevegte. My stiefpa het ook al mooi met haar gepraat my sy is hardegat. Ek is nou moedeloos. Is daar enige shakes of pille wat ek oor die toonbank kan koop om vir haar te gee om nie nog gewig te verloor nie, tot tyd en wyl ons haar by ' n dokter kan kry. Dis my enigste mamma, en ek is met my hande in my hare.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ongelukkig is my opinie dat sy onmiddelik hospitaal toe moet gaan. Sy kan Ensure skommels gebruik om gewig aan te sit, maar sy sal gehospitaliseer moet word.

Sterkte



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Deborah | 2009/03/27

Hoe oud is jou ma?

Reply to Deborah
Posted by: Bekommerde dogter | 2009/03/27

Jong D.. ek weet nie of dokters nog " huisbesoeke"  doen nie. Ek dink ook dat sy sal moet bloed toetse doen of maagtoetse en sy MOET eenvoudig net na my luister en gaan. Soos wat sy nou lyk moet ek haar maar net optel en in die kar prop. My senuwees is so klaar. Mense skinder van haar omdat sy so maer is sê  hulle sy' s anoreksies of iets. Ek weet sy eet en sy gooi nie op nie -dis verseker. Ek is regtig bekommerd. Dankie vir jou " reply" 

Reply to Bekommerde dogter
Posted by: D | 2009/03/27

Klink asof sy bang is om dokter toe te gaan omdat sy miskien weet iets is verkeerd.

Kan hy nie miskien na haar toe kom nie?

Reply to D

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement