advertisement
Question
Posted by: worried | 2012-01-24

my husband

Hallo dr. ek is regtig raadop. My man ly aan hoe bloeddruk. hy was sowat 3jaar terug in hosptiaal vir 2 weke oor hierdie bloeddruk probleem. Wel intussen het hy nog glad nie ''n effort gemaak om gewig te verloor nie, en sy dieet aan te pas nie. Ons het intussen getrek na ''n kompleks. So hy kry ook nie eers meer daardie bietjie oefening in om Saterdae gras te sny nie. My ma het by ons gebly en is sowat 8maande terug oorlede. Van daar af gaan dinge net NOG meer erger. Hy drink meer en is depressief. Hy snork my uit die kamer en ek lees dat as iemand op sy sy le en steeds snork kan dit ly tot hartaanval of beroete. Hy was nou vir die 2de keer by ons " nuwe"  dr. Lyk my die dr is nie veel gepla nie, ek het al gebel en gesmeek hy moet strenger met my man wees en dieet voorskryf. neewat al wat hy 2weke terug gedoen het is om voorskrif te herhaal en sê  sy cholestrol is bietjie hoog. ek dink nr. 8. Dit maak my my rasend van bekommernis. Wat kan ek doen. Is daar dalk ''n link waar ek vir hom die nagevolge kan gaan uitprint. hoe gaan ek hom kry om terapeut/sielkundige te gaan sien oor sy depressie. Ek voel hy is ''n walking time-bomb. Net kwessie van tyd. My hart is so seer ons he ''n klein kind. Dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek is jammer om van jou situasie te verneem. Dit is bitter moeilik wanneer 'n pasient hardkoppig is. Ek stem saam dat hy 'n hoe risiko vir hartprobleme en 'n beroerte het. Dit kan vele probleme teweeg bring, veral 'n beroerte omdat dit hom kan verlam, wat baie stresvol op jou en die kinders sal wees. Jy sal mooi moet praat en aan hom moet verduidelik dat sy gesondheid baie belangrik is, vir hom en vir julle as gesin.

Verwys na die volgende skakels, insake hartsiekte en beroertes:

http://en.wikipedia.org/wiki/Heart_disease
http://en.wikipedia.org/wiki/Stroke

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement