advertisement
Question
Posted by: cindy | 2012/01/30

my eetplan

hallo dok weer ek, ek verwys na vraag 313. ek het streng gesê  ek sal maar bed toe kom as hulle klaar chips ge-eet het. en as die craving my beetpak eet ek so 2 koppies popcorn.
Dok ek wil graag hoor of ek op die regte spoor is, en waar ek aanpassing kan maak.
Oggend: weetbix met lowfat melk en titsel suiker
snack: piesang, appel of peer
Middagete: klein stukkie vleis/hoender en baie opgekookte groente bv butternut, gemendge groente, mielie, aartappel patat en dan so slaaitjie daarby soos beet.
Snack: selfde as bo
Aand: omtrent selfde as middagete net minder
Aandtyd is ek nog lus vir soutigheid, wat is toelaatbaar.
Ek het onlangs ''n waterpil begin drink en ek dink dit maak my sout-craving net tien maal erger.
Dankie vi u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Cindy
Nou is ek verward! Ek antwoord hierdie vrae aflyn en sien dus nie

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/30

Beste Cindy
Nou is ek verward! Ek antwoord hierdie vrae aflyn en sien dus nie

Reply to DietDoc
Posted by: DietDoc | 2012/01/30

Beste Cindy
Ek is nou verward! Ek antwoord hierdie vrae aflyn en kan dus nie die nommers sien nie. Is jy dalk dieselfde persoon wat net nou die vraag onder die naam van 'Lizzy' gestel het? Dit klink soos dieselfde persoon, maar die dieet wat hier beskryf word is nogal verskillend van die een wat deur Lizzy beskryf is. As ek hierdie dieet moet beoordeel, dan sal ek ook se dat dit basies goed is, maar te min kalsiu-ryke kosse soos lae-vet melk, jogurt en maaskaas bevat. Lees asb wat ek vir Lizzy aanbeveel het. Wees net versigtig dat die 2 koppies springmielies nie jou dieet kelder nie. Gewone springmielies sonder botter, bevat 1908 kJ/100g en 'n 30 g porsie bevat 572 kJ of 9% van die energie-inname van 'n volwasse vrou wat wil verslank. 1 koppie springmielies weeg ongeveer 32 g, dus sal 2 koppies 2 x 572 kJ = 1144 kJ bevat of 18% van die daaglikse energie-behoefte vir 'n volwasse vrou wat wil verslank. Vra tog asb vir die dokter wat die waterpil vir jou voorgeskryf het, om na te gaan hoekom jy sulke soutdrange het.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement