advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012/01/30

My eetplan

Beste DietDoc

Ek het vir myself ''n eetplan uitgewerk waarmee ek gewig wil verloor. Ek probeer om dit gesond en vullend te hou, Low GI en genoeg vesel ensovoorts. As Doc asb daarna sal kyk en aanbevelings kan maak waar ek verkeerd is.
ONTBYT:
Enige een van die volgende:
All Bran met LF melk, en jogurt OF
Oats, en jogurt OF
Muesli, en jogurt
SNACK:
Vrug
MIDDAG:
2 snye saadbrood, met enige een van die volgende:
Tuna, tamatie, komkommer OF
Gekookte eier, tamatie, komkommer OF
Baked Beans (ek is mal daaroor!)
SNACK:
Vrug
AAND:
Hoender, met 2 soorte groente

Ek weeg my porsies versigtig en maak alles op ''n gesonde manier gaar. Ek drink genoeg water, en gebruik nie suiker nie.
Party aande eet ek nie vleis nie, dan maak ek geregte van lensies, bone en chickpeas. Sover hou ek goed en kry ek nie regtig cravings nie. Ek het al ''n paar kilos verloor, maar dit gaan baie stadig. Ek het omtrent 15 kg om te verloor. Is my eetplan voldoende?

BAIE DANKIE !!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Die eetplan wat jy vir jouself uitgewerk het, lyk goed. Dit is veral verblydend dat jy ook van peulgroente soos lensies en bone gebruik maak, aangesien dit lae-vet, hoë-vesel kosse is. Ek is net bekommerd dat jy net een keer per dag melk of jogurt inneem, nl. by ontbyt. Volwasse vrouens het 1200 mg kalsium per dag nodig en melk en suiwelprodukte is die rykste bron van maklik absorbeerbare kalsium. Daarbenewens het onlangse navorsing aangedui dat persone wat voldoende kalsium inneem terwyl hulle verslank, makliker gewig verloor as persone wat lae-kalsium verslankingsdiëte gebruik. Ek sal dus aanbeveel dat jy nog ten minste een porsie (1 koppie) lae-vet melk of jogurt of (1/2 koppie) vet-vrye maaskaas per dag by die dieet voeg. Jy kan bv. die jogurt as een van jou versnaperings gebruik of maaskaas saam met die saadbrood vir middagete nuttig (mens kan nogal lekker geure vetvrye maaskaas koop soos salm, biltong, ens). Indien jy 0,5 tot 1 kg per week verloor, is dit uitstekend. Onthou jy kan ook begin oefen (bv. flink stap elke dag vir 30 min) soos jy gewig verloor en meer mobiel raak. Oefening help baie met gewigsverlies en help om nakoming van die dieet te bevorder.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/01/30

Beste Lizzy
Die eetplan wat jy vir jouself uitgewerk het, lyk goed. Dit is veral verblydend dat jy ook van peulgroente soos lensies en bone gebruik maak, aangesien dit lae-vet, hoë-vesel kosse is. Ek is net bekommerd dat jy net een keer per dag melk of jogurt inneem, nl. by ontbyt. Volwasse vrouens het 1200 mg kalsium per dag nodig en melk en suiwelprodukte is die rykste bron van maklik absorbeerbare kalsium. Daarbenewens het onlangse navorsing aangedui dat persone wat voldoende kalsium inneem terwyl hulle verslank, makliker gewig verloor as persone wat lae-kalsium verslankingsdiëte gebruik. Ek sal dus aanbeveel dat jy nog ten minste een porsie (1 koppie) lae-vet melk of jogurt of (1/2 koppie) vet-vrye maaskaas per dag by die dieet voeg. Jy kan bv. die jogurt as een van jou versnaperings gebruik of maaskaas saam met die saadbrood vir middagete nuttig (mens kan nogal lekker geure vetvrye maaskaas koop soos salm, biltong, ens). Indien jy 0,5 tot 1 kg per week verloor, is dit uitstekend. Onthou jy kan ook begin oefen (bv. flink stap elke dag vir 30 min) soos jy gewig verloor en meer mobiel raak. Oefening help baie met gewigsverlies en help om nakoming van die dieet te bevorder.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement