advertisement
Question
Posted by: Helena | 2011-08-25

My eerste vraag was nie beantwoord nie

Goeie mô  re Dokter

Ek het Maandag oggend 4h opgestaan met erge pyn in my lieste asook brandende urine. Ek was dokter toe. Ek het die simptome aan die dokter verduidelik asook dat ek ''''n brandende sensasie binne in ook het. Hy het ''''n urnine toets gedoen, waar hy bloed gekry het en ek is behandel vir blaas asook vaginale infeksie as volg:
Aspen Fluconazole 150mg 1 pil onmiddellik
Tranacet 2 pille 3 keer ''''n dag
Uripas 200mg 1 3 keer ''''n dag
Ciprobay XR 500 1 elke oggend vir 3 dae
Medaspor salf

Ek was die vorige week op antibiotika vir sinusitus waarby ek elke dag, 3keer ''''n dag, probiflora gedrink het. Ek drink dit steeds.

Ek het Maandag die Aspen, antibiotika, pyn pil en uripas gedrink en die salf gebruik. Die salf het erg gebrand in die begin. Die Uripas en pyn pille het ek soos voorgeskryf gedrink maar nie weer die room gebruik nie.

Dinsdag, pille soos voorgeskryf gedrink. Geen salf was nodig.

Woensdag: Het die laaste antibiotika gedrink, asook die ander. Het wakker geword met ''''n vreeslike gebrand binne in. Het onmiddellik Medaspor ingespuit, brand steeds. Die salf wat uit kom bly wit. My blaas voel ook weer funny. Bly voel ek moet gaan urineer.

Ek drink ook saam met die pille en probiflora, Cranberry pille. My vraag is, wat kan ek nog doen aangesien ek steeds brand binne in en my blaas nogsteeds voel asof ek moet gaan urineer? Kan ek dalk die Uripas vermeerder na 4 pille per dag, pleks van 3? En is daar enige raad vir die brand binne in? Dit voel vir my asof die brand binne in die gevoel vir piepie aan wakker.

Asseblief dokter. Vir die afgelope 8 weke bly ek siek. Eers verkoue, toe maaggriep, sinusitus, toe griep en nou blaas infeksie. Ek het my vitamiene inname vermeerder, drink nou Oxiprovin, plus DS 24 asook Viral Guard. Elke dag drink ek probiflora en Omega 3 en 6. Wat meer moet ek doen? Ek eet gesond, baie groente en vrugte. Drink tenminste 2 glase water en bietjie koffie en self tee. Ek is regtig nou raadop!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Helena

Verwys na my antwoord op jou vraag van gister.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Joan | 2011-11-03

Wil graag ook die antwoord weet sit met dieselfde probleme.Dankie.

Reply to Joan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement