advertisement
Question
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2011-04-12

MRI en operasie

Hi Doc,

Dit gaan baie goed met my. Ek en my man het verlede week terug gekom van ons besoek aan Australie. Skool vir die kinders gaan kies en huise gekyk en my man het sy -|- rak geteken! So nou is dit net ''n kwessie van aansoek doen vir 457 Visa, dan sal ons Aussieland toe trek met die kids.

Ek was 19 Maart by Dr. Blomerus en het ''n baie goeie verslag gekry dat my hart baie mooi werk en als goed gaan. Dit was sommer hartseer om hom te groet - hy het werklik 3 jaar terug my lewe gered en ek sal hom altyd dankbaar bly.

Ek het gister ''n Ortopeet gaan sien (nek baie seer en styf al vanaf Januarie en ek slaap moeilik). Ortopeet het my gestuur vir MRI: C5/6 en C6/7 diskusdegenerasie, posterior ruptuur en herniasie van diskus.

Nou wil Ortopeet opereer om diskusse te vervang! Hy wil so gou as die 3de Mei die operasie doen!

Moet ek gaan vir die operasie? wat sal gebeur as ek dit nie laat doen nie - sal dit daar anderkant net vir my meer probleme veroorsaak? Hoe sal dit my Visa beinvloed as ek gaan vir die operasie?

Ai Doc, jy kan seker die panic in my stem hoor :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
As jy enige drukking op jou senuwee wortels het wat simptome in jou arms af gee is dit dalk nodig om dit te doen voor julle trek. Hoe lank gaan dit neem om 'n visa te kry? Australie het baie goeie mediese dienste maar ek weet mens wag nogal lank op die waglys vir operasies en so aan. As dit nie krities is nie kan jy seker dit daar ook laat doen - hoor wat sê die ortopeed? Jy kan ook vir Dr Willie Conradie kontak en vra - hy doen mediese ondersoeke vir Australie immigrasie Telephone: +27 12 807 0385, 807 0239. Sê vir hom ek sê groete!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011-04-12

Hallo Gesiggie
As jy enige drukking op jou senuwee wortels het wat simptome in jou arms af gee is dit dalk nodig om dit te doen voor julle trek. Hoe lank gaan dit neem om 'n visa te kry? Australie het baie goeie mediese dienste maar ek weet mens wag nogal lank op die waglys vir operasies en so aan. As dit nie krities is nie kan jy seker dit daar ook laat doen - hoor wat sê die ortopeed? Jy kan ook vir Dr Willie Conradie kontak en vra - hy doen mediese ondersoeke vir Australie immigrasie Telephone: +27 12 807 0385, 807 0239. Sê vir hom ek sê groete!
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement