advertisement
Question
Posted by: Kristy | 2009/12/07

Motivering

Goeie dag doc, Ek wil graag hoor of doc dalk enige wenke vir my het. Ek was bietjie meer as ' n maand terug vir 7 weke op ' n dieet en het toe 7kg verloor maar toe het ons op vakansie gegaan. Ek het niks opgetel nie maar vandat ons terug gekom het kan ek myself net nie weer motiveer om gesond te eet nie. Ek drink duromine 15mg maar dis asof dit nie meer vir my werk nie want ek kry erg ' cravings'  vir soetgoed en dan eet ek chocolates. Ek voel glad nie meer lus om te oefen ook nie. Ek weet dat daar geen verskoning is nie maar ek het nie die wilskrag nie. Ek het al reeds 2kg weer opgetel. Wat kan ek doen? Ek is 23 en het 20kg om te verloor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Kirsty
Motivering om aan te hou met 'n dieet en oefening is moeilik veral as jy 'n vakansie gehad het. Jy is die enigste persoon op aarde wat kan besluit dat jy nou weer gaan begin en volhard met beide die oefening en die verslankingsdieet. As die Duromine deur jou dr voorgeskryf was (aangesien dit 'n skedule 5 medikasie is), gesels met hom/haar oor die feit dat dit nie langer werk nie, en doen navraag by die dr oor ander alternatiewe soos Ciplatrim of Reductil of Xenical om jou te help gewig verloor. Wat motivering aanbetref kan dit help om met 'n organisasie soos Innertalk by www.innertalk.com of www.motivators.co.za in verbinding te tree en van hulle motiverings CDs of kassette te koop.
Dink net aan die gewig wat jy alreeds verloor het en moenie nou tou opgooi nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/12/08

Beste Kirsty
Motivering om aan te hou met 'n dieet en oefening is moeilik veral as jy 'n vakansie gehad het. Jy is die enigste persoon op aarde wat kan besluit dat jy nou weer gaan begin en volhard met beide die oefening en die verslankingsdieet. As die Duromine deur jou dr voorgeskryf was (aangesien dit 'n skedule 5 medikasie is), gesels met hom/haar oor die feit dat dit nie langer werk nie, en doen navraag by die dr oor ander alternatiewe soos Ciplatrim of Reductil of Xenical om jou te help gewig verloor. Wat motivering aanbetref kan dit help om met 'n organisasie soos Innertalk by www.innertalk.com of www.motivators.co.za in verbinding te tree en van hulle motiverings CDs of kassette te koop.
Dink net aan die gewig wat jy alreeds verloor het en moenie nou tou opgooi nie.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement