advertisement
Question
Posted by: Martin | 2010-08-23

Moontlike Stress Probleem

Beste Dr
Ek het so maand gelede net duiselig agter die motor se stuur geword en ingegaan by Hospitaal se na-uurse noodafdeling. Daar was my boeddruk baie hoog en hartklop vinnig. EKG was reg en bloedtoetse vir suiker/cholestrol ens was reg. Hulle wou weet of ek angsaanvalle kry, wat ek nooit voorheen gekry het. Hulle behandel toe vir simtome nl vertigo. My GP volgende dag gaan sien en sit my toe op bloeddruk pille. Na week is duiselig nie weg en ek voel angstig oor gevoel. As ek lê  is dit normaal, maar sodra ek opstaan en beweeg het die duiseligheid/lighoofdigheid begin. Dit nadat ''n Klopper toets gedoen is en normaal uitgekom het. Na 2 weke steeds nie beter. Gaan na ander GP vir 2de opinie en noem ook dat Vertigo is en gee Serc om te drink, maar noem dat dit al moes beter gewees het. Na 3rde week doen ek volle medies, inspannings EKG, longfunksie toets en weer bloedtoetse en alles was reg. Hy noem toe dit kan onderliggende stresfaktore wees, want tot voor dit gebeur het, het ek 16uur pd gewerk, min geeet deur die dag seker net 5 ure per nag geslaap. Hy skryf toe voor Trepiline 25mg saans. Ek kry toe snaakse gevoel en bewerasie die eerste 2 aande en besluit toe om helfte in die aand te neem en helfte in die oggend. Ek het bietjie beter gevoel, maar die duiseligheid kom en gaan en wanneer dit daar is raak ek baie angstig daaroor en raak erger. Hy het die trepiline vir 6 maande voorgeskryf en ek gebruik dit nou net onder die 2 weke. Vat dit tyd voor Trepeline begin werk en moet ek eerder die 25mg saans neem om effektief te werk? Ek het gedink om sielkundige te sien om te bepaal of daar nie moontlike ander medikasie is nie - kan ek direk met ''n sielkundige skakel?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Martin
Die Trepilene kan 3-4 weke neem voor jy die volle effek sien. Gewoonlik maak Trepilene mens effens vaak, dis hoekom ons gewoonlik die hele dosis in die aand voorskryf maar jy kan dit split as jy wil. Kry vir jou Biral oor die toonbank en neem dit 2 elke 8 ure as jy angstig voel. Jy kan 'n sielkundige direk sien, en dis 'n goeie idee - vra hom om jou ontspannings oefeninge te leer
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: H. Muller | 2010-10-05

As drink pille vir hoe bloeddruk. Maar die laaste paar kere was my bloeddruk normaal. Ek het ook ''n ekg ondergaan wat geen
probleme uit gewys het nie. My probleem nou is as ek sit ek staan bietjie vinnig op word ek duislig en saam met dit voel my tong snaaks, met ''n prikkelende gevoel. Ek het so paar dae terug
my kop hard gestamp teen ''n pyp, dat ek op die naat van my rug beland het, sonder dat ek die val kon keer. Kan die 2 in verband wees. Ek drink ook hormoonaanvullings,cholestrol pille en die hoe bloeddruk pille wat al 3 as kroonies voorgeskryf is.

Reply to H. Muller
Posted by: Cyberdoc | 2010-08-23

Hallo Martin
Die Trepilene kan 3-4 weke neem voor jy die volle effek sien. Gewoonlik maak Trepilene mens effens vaak, dis hoekom ons gewoonlik die hele dosis in die aand voorskryf maar jy kan dit split as jy wil. Kry vir jou Biral oor die toonbank en neem dit 2 elke 8 ure as jy angstig voel. Jy kan 'n sielkundige direk sien, en dis 'n goeie idee - vra hom om jou ontspannings oefeninge te leer
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement