advertisement
Question
Posted by: Pattie | 2008/11/17

Moontlike bors probleme

Goeie More dr Bets,

Ek hoop u kan my asb raad gee ek het ongeveer so 4 jaar gelede vir n syst wat hul verwyder het van 4mm, en dan ook ' n 2 de tepel ontwikkel die operasie het baie goed afgeloop en vandag nog geen nagevolge nie

Ek is een van ' n twee ling my suster is ongeveer 20min ouer as ek en baie skaam en hou als terug totdat ek haar gevra het asb dit is nie iets waarmee jy speel nie sy het n laatlammertjie gekry na 16 jaar, die baba is nou 1 jaar en ' n paar maande ons is nou 41 jaar oud, sy het in die laaste paar maande baie gewig verloor ek sou se sy weeg nou 54 kg,

Ek het gisteraand met haar gepraat en uitgevind wat die probleem is want sy het my gevra of ek nie vir haar vriendin wil uitvind wat die simptome is van borskanker nie ek het dadelik geweet iets is fout en met haar gepraat sy is in JHB, hier is wat sy ge-antwoord het :

SY HET NIE INTERNET NIE EK PRAAT NAMENS HAAR EN HET ALS NEERGESKRYF SOOS SY DIT VIR MY GESE HET
Donderdag :
Ek het seer gehad op my blad en bors en baie hoofpyn, Vrydag aan toe ek gaan bad toe ondek ek 2 kolle op my bors aan die bokant van my bors dit lyk soos ekseem, my tepel raak toe in die nag dit is baie seer deur die nag toe ek wakker word toe is my tepel weg ingeduik ek het my arm opgelig om te kyk vir enige klonte toe merk ek op onder my arm is n groot knop naby my bors dis als net aan my linkerkant, die kolle is aan die bokant van my tepel en is so groot soos ' n R2 stuk en die knop was geswel en bietjie groter as die van ' n R2.

Vrydag :
Die swelsel het bietjie gesak ek voel n klein knoppie onder my arm kleiner as n jellytot onder die arm en op die bors my tepel is nogsteeds in geduik die kolle lyk soos brandvlekke lig en seerdie vel onder die tepel lyk of dit krul na bo knoppies voel baie kleiner as n jellytot

ASB KAN U MY RAAD GEE EK WEET DAT SY BY ' n DR MOET UITKOM EK PERSOONLIK WAS AL VIR 2 MAMMOGRAMME IN 1 JAAR ONS HET NIE ' n GESKIEDENIS IN ONS FAMILIE VAN BORSKANKER NIE

GROETE


PATRICIA

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Pattie
Dit klink vir my meer of sy dalk 'n ontsteking in van die melkkliertjies het, maar die uitslag is tog kommerwekkend, mens kry n borskanker wat soos 'n ekseem lyk. Dit sal egter nie sommer net oornag verskyn nie, maar geleidelik ontwikkel. Vra haar om asb liewer haar dokter so gou moontlik te sien, dit kan 'n abses maak wat baie seer is en lelike merke los as dit gedreineer moet word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement