advertisement
Question
Posted by: Ma | 2008-07-12

Q.

Mondsere

Goeie dag. My dogter (3) is gediagnoseer met kroep, en is op 'n kortisoon behandeling (stroop + nebuliser). Maar sy het geweldige mondsere in haar mond, tong en keel. Dit verhoed dat sy ordentlik eet en drink. Sy is op Prozef antibiotika ook, omdat sy aanvanklik 'n boonste lugweg infeksie gehad het. Ek is bewus daarvan dat die medisyne haar gestel gaan aftakel. Is daar 'n spesifieke vitamien aanvulling wat ek kan gee om te help met die mondsere en ook vir haar gestel oor die algemeen. Sy gebruik Junglevites se mulitvit en ek gee 'n Choccy kalsium aanvulling gewoonlik vir haar. Maar is daar 'n spesifieke ding vir die sere spesifiek?
En dan ook: die Dr. het gese dat ek alle neus stoppings-middels moet stop (soos Coryx), aangesien dit die slym gaan droog maak in die tragea - waar die infeksie is. Maar gistermiddag het sy begin met 'n loopneus. Sy nies elke kort-kort, dan moet ons hardloop met 'n tissue. Ek is bang dat dit weer die siklus van voor sal laat begin (sinusdrup, keelseer, ore, longe, ens.) Is die niessery van die nebuliser (Pulmicort & Duolin)? Of sal die kortisoon stroop help? Ek kry my kind vreeslik jammer, sy het 'n hoe pyndrempel, en wys nie maklik as sy seer het of sleg voel nie - maar die laaste paar dae is sy deur hel. En moederhart handteer dit natuurlik moeilik. Baie Dankie.

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Die mondsere is waarskynlik as gevolg van 'n swam infeksie, wat deur die nebuliseerder en die kortisoon veroorsaak is. Ek stel voor dat sy Nystacid druppels gebruik vir 'n periode van sewe dae, aangesien dit die sere behoort te verlig. Nystacid is oor die toonbank verkrygbaar.

Moet asseblief nie enige neus opdroging middels gebruik nie. Dit kan die situasie verleng en vererger.

Ek stel voor dat sy Saline neusdruppels gebruik om sodoende die slyme los te maak en uit te kan blaas.

Die aanvullings wat sy tans neem, is meer as voldoende.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement