advertisement
Question
Posted by: Rene M | 2010/09/08

mondhoeke

My dogter van 13 sukkel met gebarste mondhoeke. Alhoewel die area nie altyd stukkend is nie, is daar ''n permanente rooi geswelde gedeelte weerskante van haar mond. Sy drink ''n gewone multivitamien en het die afgelope twee weke foliensuur tablette begin gebruik. Daar is egter geen verbetering nie. Wat kan u aanbeveel. Ons het ook al bactroban probeer sonder sukses. Hierdie kwessie gaan al ''n paar maande so aan.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Rene
Gee vir haar Vit B co aanvulling ipv die foliensuur alleen, en probeer 'n antiswam middel soos Daktarin op die area.Laat ook haar ystervlakke toets en kyk of sy nie dalk 'n oordosis vit A op 'n manier inkry nie (bv visolie kapsules of so iets)
Sien ook http://en.wikipedia.org/wiki/Angular_cheilitis
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Hester | 2015/09/21

My mondhoeke het begin bars en daar is 'n rooi growwe uitslag om my lippe wat brand en jeuk. Ek eet baie groente en vrugte, lek nie my lippe nie en soen beslis nie mense nie. Ek drink ook elke aand vitamien C. Wat veroorsaak dit en wat kan ek doen om dit weg t kry? Dit lyk vreeslik sleg.

Reply to Hester
Posted by: Lesley | 2013/05/03

My mondhoeke het ook nou om die een of ander rede begin kraak. Ek eet baie groente en vrugte. Maar die afgelope twee weke het ek begin om elke oggend 'n glas warm water met suurlemoen daarin te drink. Kan dit die oorsaak wees?

Reply to Lesley
Posted by: Piet | 2010/11/20

Ek sukkel al jare met die gebarste mondhoeke,wat ek wel ondervind het is dat wanneer ek tamaties,pynappel,lemoene,of enige iets wat suur bevat dan bars my mondhoeke amper onmiddelik.Ek kon nog nerens by geen dokter raad kry wat werk nie,al wat ek met die jare uitgevind het wat vir my help is DYNEXAN SALF,n klein bietjie op die gebarste mondhoek en dit lyk more stukke beter,die salf verdoof ook die mondhoek onmiddelik.Dis werklik al wat vir my werk en ek is nooit daarsonder nie.

Reply to Piet
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/08

Hallo Rene
Gee vir haar Vit B co aanvulling ipv die foliensuur alleen, en probeer 'n antiswam middel soos Daktarin op die area.Laat ook haar ystervlakke toets en kyk of sy nie dalk 'n oordosis vit A op 'n manier inkry nie (bv visolie kapsules of so iets)
Sien ook http://en.wikipedia.org/wiki/Angular_cheilitis
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement