advertisement
Question
Posted by: Delene | 2009-10-20

Mond Sproei

My moeder is al 83 en het nou skielik begin sukkel met Sproei in die mond. Sy kla van bitter smaak in mond, kla sy proe swak en het dik aanpaksel op tong. Sy gebruik reeds 8 maande Daktarin, Mycostatin,probiotika. Sy het ook 3 kursusse pille gedrink wat dr voorgeskryf het - jy drink slegs 1 per week - ken ongelukkig nie die naam nie. Wat anders kan ek doen om haar te help? Sy voel verskriklik selfbewus agv die wit tong.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Delene
Candida wat sproei veroorsaak is 'n gis wat normaalweg in die spysverteringskanaal voorkom, dit veroorsaak net sproei as dit oormatig groei, gewoonlik agv swak immuniteit, soos wanneer mens kankerbehandeling kry of kortisoon chronies neem of 'n siekte het wat jou witbloed selle (T selle) onderdruk. Ongelukkig kan die gis met tyd ook weerstandig raak teen anti-gis medikasie. Baie keer is dit nodig om hulle sistemies (maw met pille) te behandel omdat die lokale goed nie meer werk nie. Ketakonazole werk goed teen candida maar kan lewer toksies wees, so jou dokter sal 'n voorskrif moet gee en lewerfunksies monitor.
Sy moet ook jogurt eet met kulture in as moontlik en sorg dat sy goed vog inneem dat haar mond nie droog word nie. Sy kan haar mond spoel met water wat 'n paar druppels tea tree oil in het (maar dit proe sleg!) en jy kan vir haar iets gee om haar immuniteit op te bou soos Viral choice C.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015-10-13

Kan mondsproei by n baba veroorsaak dat baba n hoes ontwikkel ???sy hoes haar uit sodat sy potblou in haar gsiggie word?sy 11 weke oud????

Reply to Anonymous
Posted by: Nicolene | 2013-09-09

My baba is nou 16weke en ek borsvoed hy het ook erg sproei in sy mond wat kan ons gebruik en hoe voorkom ons dat ek dit nie oor kry nie. My borste pyn reeds so steek pyne wat ek in die nipel kry is dit as gevolg van die sproei?

Reply to Nicolene
Posted by: Estelle | 2010-01-25

Ek was omtrent 2 weke terug in die hospitaal en die dokter het gese dat ek het Anti Foslipied Sindroom en Pumonale Embolisme. Ek was op ' n klomp medikasie en ook nou op Wafarin. My tong het so dik wit laag begin vorm wat nou weg is maar my hele mond binne is vol klein koorsblaartjies, en omtrent alles wat ek eet brand dit. Ek weet met Wafarin mag jy nie sommer enige medikasie gebruik nie, wat kan ek gebruik om te help. Baie dankie, Estelle van Heerden

Reply to Estelle
Posted by: yolande | 2010-01-22

my baba is 3weke en het erg sproei in haar mond ek het glycerine en borax gebruik maar dit maak haar mondjie rou wat anders kan ek gebruik?

Reply to yolande
Posted by: cyberdoc | 2009-10-20

Hallo Delene
Candida wat sproei veroorsaak is 'n gis wat normaalweg in die spysverteringskanaal voorkom, dit veroorsaak net sproei as dit oormatig groei, gewoonlik agv swak immuniteit, soos wanneer mens kankerbehandeling kry of kortisoon chronies neem of 'n siekte het wat jou witbloed selle (T selle) onderdruk. Ongelukkig kan die gis met tyd ook weerstandig raak teen anti-gis medikasie. Baie keer is dit nodig om hulle sistemies (maw met pille) te behandel omdat die lokale goed nie meer werk nie. Ketakonazole werk goed teen candida maar kan lewer toksies wees, so jou dokter sal 'n voorskrif moet gee en lewerfunksies monitor.
Sy moet ook jogurt eet met kulture in as moontlik en sorg dat sy goed vog inneem dat haar mond nie droog word nie. Sy kan haar mond spoel met water wat 'n paar druppels tea tree oil in het (maar dit proe sleg!) en jy kan vir haar iets gee om haar immuniteit op te bou soos Viral choice C.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement