advertisement
Question
Posted by: Gepuncture. | 2009/05/07

Moesie.

Ek het ' n moesietjie skuins onder my mond wat omtrent so groot soos die kop van ' n vuurhoutjie is. Om en by. Gister het ek afgebuk om iets uit die skottelgoedwasser te haal toe ' n mes my steek reg op die moesietjie. Ek het niks daarvan gedink nie. Dis nie diep nie. Net ' n gaatjie wat bietjie gebloei het. Maar nou toe ek my gesig met ' n warmrige waslap afvee soos ek maar doen van tyd tot tyd, was ek redelik geskok oor hoe baie bloed op die waslap is. Die ding bloei nie vanself nie. Net as ek oor hom vee met iets nat, lyk dit my. Moet ek worry oor die bloed? Moet ek maar gaan dat hulle daarna kyk? Ek wens amper die mes het hom heeltemal afgehaal want die ding is nie een van my groot liefdes nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gepuncture
Gesig wondjies bloei maar baie - as hy aanhou "ooze" moet jy maar dat jou huisdokter kyk. As jy net by die huis is, kan jy dalk maar 'n pleistertjie oorplak, hulle het meer bloedvate as jou vel en as jy afvee, vee jy dalk die stol proppie af. Hou net dop vir infeksie - as hy rooi en seer word, sit solank Bactroban salf op en sien ook jou dokter. Hulle kan dit vir jou afhaal - maar verkieslik moet 'n plastiese sjirurg aan jou gesig werk.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2009/05/08

Moet nie speel met ' n moesie nie, laat dit afhaal!

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement