advertisement
Question
Posted by: Sanita | 2011-02-07

moeg/plato bereik met gewig en oefening

Hi Doc, ek eet gewoonlik ''n volgraan muffin saam met kaas of ''n gekookte eier vir ontbyt. deur die dag vrugte. in die aand my gewone kos ( vleis/groente/rys &  aartappels). ek was so pas ''n jaar by die gym. ek het 6 kg verloor en vele sentimeters. maar nou staan my gewig stil en ek verloor ook geen sentimeters nie. ek voel ook moeg die laaste tyd. een van die trainers by die gym het voorgestel ek eet ''n halwe koppie rou " oats"  saam met ''n koppie yoghurt vir ontbyt. ''n protein in die middag saam met slaai en net groente in die aand. verder moet ek een dag per week net vrugte eet. dink u dat dit sal werk. ek is nou moeg daarvan om moeg te voel - ek het tot dusver nog geen ander gesondsheidsprobleme nie. en oefen 4 keer per week vir ''n uur lank. 1 x aqau arobics, i x kataboks, 1 x spinning en 1 kardiosessie waarin ek 600 kaloriee verbrand. maar ek bly moeg! Help asb!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sanita
Kom ons kyk eers na jou moegheid. Dit kan moontlik die gevolg wees van 'n ystertekort wat lei tot bloedarmoede. Vra jou dokter om jou te ondersoek vir mediese oorsake van moegheid. Aan die ander kant is dit moontlik dat jy te min koolhidrate bedags inneem om jou energievlakke te ondersteun of dat jy 'n insulienprobleem het. Vra ook die dr om laasgenoemde na te gaan. Jy sal beter voel en moontlik verder gewig verloor as jy seker maak dat jy genoeg energie het om aan jou oefening deel te neem. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet, wat sal sorg dat jy voldoende lae-vet, hoe-vesel koolhidrate inneem om jou energievlakke normaal te hou. Ek stem saam met jou afrigter dat dit 'n goeie idee is om koolhidrate en lae-vet proteïene by elke maaltyd in te sluit sodat jou insulienvlakke minder rond skommel. Dit geld ook vir aandete. Voeg 'n lae-vet proteïen by aandete soos vis of maer vleis of lae-vet maaskaas by die groente. Dit is nie nodig om een dag per week net vrugte te eet nie. Gaan voort om een porsie vrugte as 'n peuselhappie tussen maaltye te eet.
Maar laat jou dr seker maak dat jy nie aan bloedarmoede of insulienweerstandigheid of selfs ‘n gebrek aan skildklierhormoon ly nie.
Hou aan met die oefeninge want dit help baie vir gewigsverlies.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-02-08

Beste Sanita
Kom ons kyk eers na jou moegheid. Dit kan moontlik die gevolg wees van 'n ystertekort wat lei tot bloedarmoede. Vra jou dokter om jou te ondersoek vir mediese oorsake van moegheid. Aan die ander kant is dit moontlik dat jy te min koolhidrate bedags inneem om jou energievlakke te ondersteun of dat jy 'n insulienprobleem het. Vra ook die dr om laasgenoemde na te gaan. Jy sal beter voel en moontlik verder gewig verloor as jy seker maak dat jy genoeg energie het om aan jou oefening deel te neem. Klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n voorbeeld van 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet, wat sal sorg dat jy voldoende lae-vet, hoe-vesel koolhidrate inneem om jou energievlakke normaal te hou. Ek stem saam met jou afrigter dat dit 'n goeie idee is om koolhidrate en lae-vet proteïene by elke maaltyd in te sluit sodat jou insulienvlakke minder rond skommel. Dit geld ook vir aandete. Voeg 'n lae-vet proteïen by aandete soos vis of maer vleis of lae-vet maaskaas by die groente. Dit is nie nodig om een dag per week net vrugte te eet nie. Gaan voort om een porsie vrugte as 'n peuselhappie tussen maaltye te eet.
Maar laat jou dr seker maak dat jy nie aan bloedarmoede of insulienweerstandigheid of selfs ‘n gebrek aan skildklierhormoon ly nie.
Hou aan met die oefeninge want dit help baie vir gewigsverlies.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.