advertisement
Question
Posted by: Yolanda | 2011-08-01

Moeg/Lusteloos

Ek was al vir bloed toetse TSH en fastende Glukose, en daar is niks fout nie. Maar my probleem is ek bly moeg, lusteloos, hoofpyn, vergeetagtig. Terwyl ek ry raak ek aan die slaap vir ''n split sekonde en dan skrik ek wakker en dit voel my hart sit in my keel my oe gaan net toe dis moeilik vir my om te verduidelik. Ek het al die jaar ''n ongeluk gemaak en vanoggend amper weer en ek kan dit net nie meer hanteer nie. My senuwee is klaar. Ek was al by my dokter en dit voel net nie vir my hulle of hulle my ernstig op vat nie. Die toetse het ek laas jaar Oktober gedoen en die jaar drink ek Liviton en goed wat my net wakker moet hou.

Ek kan regtig nie meer so aan gaan nie en ek het ''n aanhoudende pyn in my lae rug ook en die beste van als is ek is maar net 23 jaar oud.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Yolanda

Jou probleem moet ernstig aangespreek word, veral in die lig dat dit jou veiligheid in gevaar stel. Ongelukkig is daar veelvuldige redes vir moegheid. Ek stel daarom voor dat jy 'n internis konsulteer vir 'n ondersoek en toetse om die oorsaak te vind. Die oorsaak kan wissel van bloedarmoede wat met yster aanvullings behandel word tot iets meer ernstig soos 'n kroniese infeksie of metaboliese abnormaliteite.

Verwys asseblief na die volgende artikel oor moegheid en die oorsake daarvan: http://en.wikipedia.org/wiki/Fatigue_(medical)#Chronic_fatigue

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement