advertisement
Question
Posted by: Altyd moeg | 2010/09/14

Moegheid

Hallo Doc,

eks 21 jaar oud, vroulik en heeltyd elke dag baie moeg. Ek drink Turbovite en vitamienpille en het onlangs begin met ''n Vitamien B inspuiting kursus. niks vat my moegheid weg nie. ek slaap 7 tot 8 ure elke aand en wanneer ek meer slaap vat dit nogsteeds nie die moegheid weg nie. ek het toetse laat doen vir my skildklier en dis normaal. ek eet redelik gesond en is effens oorgewig. ek kan nie meer die moegheid hanteer nie. ek is ''n paar jaar terug gediagnoseer met insulienweerstandigheid en het glucophage gedrink vir paar maande en toe gelos want dit het my nog meer moeg gemaak. is dit moontlik dat ek genees is van die insulienweerstandigheid? ek het 14kg verloor die jaar. wil nou weer begin met dieet. ek drink genoeg water.


eks so moedeloos want ek kan nie so werk nie en defnitief nie studeer nie. dit beinvloed my gedrag en gemoedstoestand.

wat is fout met my????

dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Altyd moeg
Daar is 'n paar fisiese probleme wat mens na moet kyk : lae ystertelling, lae rooibloedsel telling, skildklier probleme, kalsium of magnesium tekort, depressie, chroniese stress, onderliggende Coxackie/Ebstein Barr/Rhickettsia infeksie. Mens sal met 'n vastende bloedsuiker en insulien kan agterkom of jou insulien weerstandigheid beter is. Ek stel voor jy sien 'n internis vir 'n volledige mediese ondersoek.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Susan Deetlefs | 2011/01/17

Hi Doc,
Ek is ''n tipe 2 diabeet sedert julie 2000. Ek het nog al die tyd die daibetes, deur my dieet beheer. Op die 10de Desember 2010 is ek gediagnoseer as ''insulien weerstandig.'' Ek het vreeslik begin gewig optel - hoofsaaklik om die maag area. My huisdokter het ''n tablet, Glamaryl, voorgeskryf. Kannie glucophace gebruik- word siek daarvan. Wat kan ek doen om die weerstandigheid teen te werk en nie verder gewig op te tel nie? Baie dankie

Reply to Susan Deetlefs
Posted by: Henrië tte van Deventer | 2010/10/08

Goeie dag Dr. Ek is 48 jaar. Ek sukkel die ofgelope paar dae met ''n seer keel. Dit voel kompleet of ek iets ge-eet het wat nie wou afgaan of te groot was wat ek ingesluk het. Die seer is ''n bietjie laer in die keel kanaal af, omtrent so 2 duim bokant die kuiltjie. Dit gee ''n steek pyn sodra die kos of water verby beweeg. Moet ek my huis Dr. gaan spreek?

Reply to Henri&#235 tte van Deventer
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/14

Hallo Altyd moeg
Daar is 'n paar fisiese probleme wat mens na moet kyk : lae ystertelling, lae rooibloedsel telling, skildklier probleme, kalsium of magnesium tekort, depressie, chroniese stress, onderliggende Coxackie/Ebstein Barr/Rhickettsia infeksie. Mens sal met 'n vastende bloedsuiker en insulien kan agterkom of jou insulien weerstandigheid beter is. Ek stel voor jy sien 'n internis vir 'n volledige mediese ondersoek.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement