advertisement
Question
Posted by: Wicky | 2010/01/06

Moegheid

DR ek benodig raad met die volgende.
Vrou het geskiedenis van lae bloedplaatjie telling. Haar vader is ook op ouderdom van 38 oorlede aan lukemie. Sy het vir so 7 dae verskriklike moegheid wat oor haar gekom het. Oor die naweek ervaar sy dit nog en sy neem RedBull met geen uitwerking. Op dag 10 gaan sien sy haar GP en die trek bloed om toetse te doen.
Verpleegsters moes 4 buisies trek maar kon klaarlik 2.5 kry. sy kry ook Vit B inspuiting. Volgende dag geen boost van Vit B. Sy loop net badkamer toe en is pootuit.Volgende dag kom die bloed uitslag. Alles is normaal. DR maak ook geen voorstelle van wat nou.

Dit is nou 14 dae dat sy so voel en graag wens ek te verneem wat is my volgende stap. As alles normaal is kan sy mos nie so voel nie. Sy is ook nou laaste 3 dae met verlof

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wicky
So erge moegheid is baie keer agv 'n virus infeksie (Coxackie/Ebstein Barr virusse), maar kan ook agv skildklier hormoon afwyking wees, depressie, bloedarmoede of newe-effek van medisyne. Dit kan ook wees dat sy 'n hartaandoening het en dat haar hart nie behoorlik pomp nie ( bv 'n ritmestoornis) Ek stel voor jy kontak haar dokter en vra hom om haar te verwys na 'n internis as hy nie die oorsaak kan bepaal nie. Ongelukkig weet ek nou nie waarvoor hy getoets het nie?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Engela Heyns | 2014/05/07

Oor geruime tyd het ek las van erge hartkloppings, erge warmegloede, soveel so dat water my afloop (mag nie hormoonvervanging gebruik nie a.g.v. sists in borste. Asook herhaalde blaasinfeksie wat ek nie normaalweg gekry het nie en dan ook die verskriklike moegheid< wat vererger as ek werk doen wat inspanning verg.. Drink Eltroxin vir onderaktiewe skildklier. Is ook gepla met erge prikkelbare dermsindroom. Stres is groot faktor maar alles kan tog seker nie daaraan toegeskryf word nie. Waar begin ek?

Reply to Engela Heyns
Posted by: cyberdoc | 2010/01/06

Hallo Wicky
So erge moegheid is baie keer agv 'n virus infeksie (Coxackie/Ebstein Barr virusse), maar kan ook agv skildklier hormoon afwyking wees, depressie, bloedarmoede of newe-effek van medisyne. Dit kan ook wees dat sy 'n hartaandoening het en dat haar hart nie behoorlik pomp nie ( bv 'n ritmestoornis) Ek stel voor jy kontak haar dokter en vra hom om haar te verwys na 'n internis as hy nie die oorsaak kan bepaal nie. Ongelukkig weet ek nou nie waarvoor hy getoets het nie?
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement