advertisement
Question
Posted by: Yolandé  Aucamp | 2009-08-12

MOEGHEID

Beste Dr,
Ek is al vir die afgelope 3 maande konstant moeg (dit het die afgelope maand geweldig vererger) en het geen energie nie. Ek is op eltroxin. My bloeddruk is hoog, is op medikasie. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek kan my oë  nie oophou nie en voel by tye of ek wil flou word. Ek het eers gedink dit is grieperigheid, maar het geen koors of ander simptome van griep/verkoue nie. Ek het wel lyfseer, maar dit kom al baie lank aan, is dus nie seker of dit met iets verband hou nie. Ek slaap goed. Word 2 keer wakker om te toilet toe te gaan. Ek kan egter vir ure aaneen slaap en ek raak binne sekondes aan die slaap. Enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Yolande
Daar is baie redes hoekom mens kan moeg voel - dit kan van lae bloedsuiker, bloedarmoede, te min skildklierhormone, te hoë progesteroon en onderliggende infeksies wees. Depressie en stress kan mens ook baie moeg laat voel. Jy moet asb dat jou dokter 'n volledige algemene ondersoek doen om te kyk of hy 'n rede hiervoor kan vind. Hy moet ook kyk of jy tekens van fibromialgie het.
Sien ook http://www.abc.net.au/health/features/stories/2006/09/27/1836294.htm
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement