advertisement
Question
Posted by: Just Me | 2008/09/17

Moeg vir sukkel

Hi

Ek het jare gelede allergie toetse laat doen (bloed en vel) en is allergies vir katte, stofmyt, gras, bome, koring produkte. Ek gebruik Loratatien 10mg daagliks maar sit omtrent elke 2de maand met boonste lugweg infeksie as gevolg van die neus terugdrup. Ek is nou al moeg vir die seer keel en ore en wil weet of daar nie ' n manier is om van die terugdrup ontslae te raak nie (permanent). Die infeksie affekteer ook my longe so ek kry gereeld brongitis ook.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Just Me
Die kanse dat jy ooit heeltemal ontslae van die allergie gaan wees is skraal. Jy kan egter Beconase aqeous neussproei by gebruik. Somtyds kan mens inentings kry teen die goed waarvoor jy allergies is ( mens noem dit desensitisasie maar werk beter vir enkel allergiee as by iemand wat vir baie goed allergies is) Ek stel voor jy sien 'n oor neus en keel spesialis ( verkieslik een wat superspesialiseer in allergiee) As jy my laat weet in watter area jy bly, kan ek dalk kyk of ek kan help met 'n naam.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement