advertisement
Question
Posted by: Yolande | 2011/11/17

Moeg om so te voel!

Hi Dok,

Ek wil net graag probeer uitvind voor ek nou hardloop om allerhande toetse te laat doen of u my dalk raad kan gee.

Ek is ''n vrou, 30 jaar oud, getroud en het 2 kinders 9 en 7 jaar oud.

Ek is altyd moeg, as ek dalk deur die dag oor ''n naweek slaap, (''n middag slapie vat) slaap ek my dood. Ek sukkel om op te staan in die oggend, en ''n half uur nadat ek wel opgestaan het is ek so moeg dit voel of ek niks geslaap het nie. Ek gaan slaap tussen 9:30 en 11:30 in die aand en staan 5:30 in die oggend op.

Dit voel of ek geen energie het nie en ek is gereeld bewerig en voel partykeer of ek gaan flou word. Ek eet wel in die oggend ontbyt, middagete by die werk en aandete. Drink baie water want ek bly dors.

Ek kry gereeld erge hoofpyne waarvoor ek pille drink (lenadol of lenapain) elke 6 tot 8 uur en dan vat dit steeds 2 tot 3 dae voordat die hoofpyn bedaar en soms staan ek met ''n hoofpyn op.

Hoop u kan my help.

Groete,

Yolande
Ek het as jong meisie gereeld lae bloeddruk ondervind, my oupa en my pa en albei my susters het dit ook.

As ek so bewerig en duiselig voel eet ek gou ''n sjokolade en voel dan weer bietjie beter.

''n Dame wat saam my werk se pa is ''n diabeet en sy het vanoggend sy glucometer gebring en my gemeet en die telling was 4.1.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Yolande

Daar is vele oorsake vir kroniese moegheid en dit is belangrik dat jy jou dokter vir 'n ondersoek konsulteer, om vas te stel wat die oorsaak is. Verwys na die volgende artikel oor kroniese moegheid en die oorsake daarvan: http://en.wikipedia.org/wiki/Fatigue_(medical)#Chronic_fatigue

In die lig van jou hoofpyne wat dae neem om weg te gaan, moet jy ook 'n neuroloog konsulteer. Dit is moontlik 'n a-tipiese migraine wat verband hou met fisiese en sielkundige stres. Intussen kan jy twee Naproxen tablette in kombinasie met Robaxin 750mg gebruik om die hoofpyne te verlig.

Vul jou dieet aan met Berocca Cal Mag, selenium en sink.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement