advertisement
Question
Posted by: Moeë  Martha | 2009/09/14

Moeg gesukkel!!!

Tot hiertoe en nie verder! Nou' s ek op gesukkel met myself. Ek is 42 jaar oud, 1.68 m lank en weeg 72 kg. Ek doen alles in oormaat ... eet te veel! drink te veel en oefen soms ook te veel. Wat in die proses gebeur is dat my gewig nou al vir 3 jaar konstant bly ... maar ek verloor niks. Ek drink ook al vir 3 jaar elke dag Herbalife se aanvullings wat wondere vir my doen ... nie vir dieet nie ... slegs as aanvulling. Wat noem ' n mens die persoon wat ek kan gaan sien wat my kop vir my sal regkry ... ' n tipe dieetkundige wat eers met my kop kan smokkel sodat ek daai finale besluit kan neem om reg te eet en oefen en so 5 kg te verloor! Waar kry ek so ' n lys vir die Wes-Kaap? Dankie Dok!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Eerstens is jou situasie nie so sleg nie, aangesien jou BMI = 25,5, wat net bokant die normale reikwydte van 18-25 is. Om mooi in die normale reikwydte te val, met 'n BMI van 23 behoort jy 65 kg te weeg, dus 'n verlies van 7 kg. As jy voel dat jy net nie matigheid voor oë kan hou nie, dan behoort die wel te help om 'n kliniese dieetkundige te raadpleeg. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in die Wes-Kaap naby jou te vind. Bespreek jou probleem met volharding met die dieetkundige en vra haar of sy sal aanbeveel dat jy ook 'n kliniese sielkundige behoort te raadpleeg. Die dieetkundige behoort jou na 'n kliniese sielkundige te kan verwys of jy kan jou huisarts vra om dit te doen.
Sterkte nou met die matigheid!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement