advertisement
Question
Posted by: g..-vol | 2009/09/15

moeg-gehoes

Beste dokter,
Ek was vir 2 weke baie siek met griep en voel nou heelwat beter, maar...ek KAN NIE die alewige gehoes afskud nie. My bors krap hoorbaar, en ek hoes kort-kort. Het al bottels hoesgoed uitgedrink. Wat is die beste om slym af te kry van die bors. Ek is n asma-lyer.
Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo G..-vol (goeie beskrywing...ek is ook siekerig en voel ook so vandag!)
Mens kan hoes van die asma ook omdat die bronchi geirriteer is - wat gebruik jy vir die asma? Jy moet dalk bietjie kortisoon by kry? Het jy nie nou nog bietjie bronchitis dat jy antibiotika nodig het nie - as die slym geel of groen is, praat met jou dokter?
Dilinct het slymlosmaak middel en bietjie teofillien vir bors oopmaak in - jy kan dit dalk probeer - pasop net vir oordoseer met die teofillien - volg instruksies op die bottel noukeurig.
Mense met asma moet liefs nie 'n hoesonderdrukker gebruik nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: pp | 2009/09/16

Ek het dieselfde deurgemaak, naderhand gedink dit gaan nooit ophou nie. Ek het nou wel nie asma nie, maar gaan vertel wat ek gebruik het.Een eetlepel asyn, een eetlepel suiker en so een eetlepel water, gooi die by mekaar en roer tot suiker opgelos is, sluk maar vinnig weg aangesien dit ' n suurige smaak het, so 3 keer per dag, ek het dit net vir twee dae gedrink en die hoes en slym is weg.Ek sal graag Dr. Bets se kommentaar wil hoor.

Reply to pp

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement