advertisement
Question
Posted by: Kristen | 2009/03/13

Moeg en benoud op my bors

Ek is 34 en so 10 jaar gelede het ' n ondersoek by ' n kardioloog gewys ek ly aan arritmie en ' n prolaps mitraal klep. Ek is vir ongeveer 2 jaar behandel met Sotahexal maar omdat dit my baie moeg gemaak het, het die dokter die behandeling gestaak. Ek gee die inligting net vir agtergrong. Dis nou baie jare later en ek is ontsettend moeg en benoud op my bors - so asof ek net nie genoeg asem kry nie. Van tyd tot tyd voel ek duiselig en bietjie gedisorienteerd na ' n vinnige beweging of so iets en onlangs is ek smiddae naar. Ek het twee klein WOELIGE seuntjies wat my meeste nagte tusen 5 en 10 keer wakker maak, so ek kry defnitief nie genoeg slaap nie en weet waarom ek so moeg is, ek is net bietjie bekommerd oor die benoudheid en die drukking op my bors en die gevoel van nie asem kry nie. Is dit maar normale simptome van uiters moeg wees? Dankie vir u raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Kristen

Dit klink soos "uitermatige moegheid", maar aangesien jy 'n geskiedenis van 'n kardiale abnormaliteit het, is dit uiters belangrik dat jy 'n afspraak by 'n kardioloog maak.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement