advertisement
Question
Posted by: M | 2011/09/15

Moeg

Ek wil net weet, ek is konstant moeg en ek weet nie hoekom nie. ek staan in die oggende 5 uur op draf 12kilos en dan in die aande(sommige aande) gaan gym ek, taibo of spinnig. oefen ek te veel dat ek so moeg is of kan dit iets anders wees. die vel spesialis het my onlangs weer op die pil gesit vir my vel, Yaz, kan dit dalk die pil wees. my verloofde raak al frustreerd want eks die heletyd moeg, ek voel dit is nie normaal nie, as ek opstaan in die oggende dan wil ek net weer slaap. dit beeinvloed my verhouding en eks nou moeg daarvoor om die heletyd moeg te wees, wat kan ek drink wat my energie sal gee al hou dit my tot laat wakker ek gee nie om nie ek wil net energie he en ook lank genoeg wakker bly om ''n fliek klaar te kyk of om iets te gaan doen maar ek wil niks doen nie want eks te moeg. help my asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ongelukkig is daar vele oorsake vir moegheid en jy sal jou dokter vir 'n ondersoek en bloedtoetse moet konsulteer, om vas te stel wat die oorsaak van jou moegheid is. Medikasie kan energie verskaf, maar oor 'n lang periode kan dit die moegheid vererger. Dus is dit baie belangrik om eerder die oorsaak te vind. Onthou 'n mens se liggaam het oor die algemeen 8 ure se slaap nodig. Jy is baie aktief en dit is dus moontlik dat jou liggaam 'n klein bietjie meer rus benodig. Moet dit dus nie ongewoon vind dat jou liggaam al teen 9 uur die aand smeek om slaap nie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement