advertisement
Question
Posted by: alie | 2010/03/18

MOEG

Ek is ontsettend verskriklik vreeslik MOEG!! Het gedink dit is my skildklier want my hare val ook uit, maar die tsh lesing is normaal. Die volgende is my simptome moeg, depressief, hartkloppings, lae bloeddruk, geen eetlus, slaap sleg, en voel net nie lekker nie. ek drink die vlg medikasie: Eltroxin 0.1mg Cilift 20mg, premarin 0.3mg eke 2de dag, dolomite 2 per dag, slowmag 1 per dag en EPO 2 per dag. Ek drink sommige dae baie pynstillers soos stilpayne want kry hoofpyne tot soveel as 6 per dag. Ek is 46, volledige histerektomie op 38 gehad. het al positief getoets vir yuppiegriep, het egter nie nou pyne nie behalwe die hoofpyne. Ek eet gereeld, minder as gewoonlik en veral my soetlus is nie dieselfde as altyd nie. As ek nie teen 1uur iets eet nie dan voel dit of ek bewerig word. As nagedagte ek het 6jaar laas vakansie gehad, want ons het ons eie besigheid (stress) en wegkom is nie moontlik nie. Is ek besig om " uit te brand"  of wat gaan met my aan. HELP asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Alie
Die moegheid kan agv jou depressie en swak slaap wees ( dit put jou serotonien vlakke uit) en die haarverlies kan wees agv stress. Mens moet na 'n paar ander dinge ook kyk - ystervlakke, jou esterogeen vlakke, cortisol en bloedtelling. Sien jou dokter vir 'n volledige mediese ondersoek en vra hom om te kyk na jou depressie medikasie as die Cilift nie genoeg help nie. Hy moet ook kyk of jy spierspasma in jou nek en rug het - so baie pynpille kan "rebound" hoofpyne veroorsaak.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010/03/18

Hallo Alie
Die moegheid kan agv jou depressie en swak slaap wees ( dit put jou serotonien vlakke uit) en die haarverlies kan wees agv stress. Mens moet na 'n paar ander dinge ook kyk - ystervlakke, jou esterogeen vlakke, cortisol en bloedtelling. Sien jou dokter vir 'n volledige mediese ondersoek en vra hom om te kyk na jou depressie medikasie as die Cilift nie genoeg help nie. Hy moet ook kyk of jy spierspasma in jou nek en rug het - so baie pynpille kan "rebound" hoofpyne veroorsaak.
dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement