advertisement
Question
Posted by: Santie Steenekamp | 2009/08/31

MOEG

Goeie dag

Ek het ' n onderaktiewe skildklier en drink op die oomblik " Eltroxin 0.1mg) en is ook allergies vir suiwel. Watter dieet kan ek volg om gewig te verloor. Ek is ook vreeslik slaperig en moeg elke dag, ek weet nie wat om te doen nie.

Ek sal bly wees as ek bietjie raad van u af kan kry.

Baie dankie
Santie Steenekamp

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Santie
Chroniese moegheid kan deur baie faktore veroorsaak word. Aangesien jy aan 'n onderaktiewe skildklier ly, is dit moontlik die mees logies punte om mee te begin. Keer asb terug na die dr wat jou Eltroxin voorskryf en bespreek hierdie moegheid met hom/haar want hy/sy sal moontlik die dosis moet aanpas. Ander oorsake van moegheid is ystertekort (bloedarmoede), kalsiumgebrek omdat jy nie melk en suiwelprodukte gebruik nie, insulienweerstand, gebrek aan oefening en depressie. Dit sal goed wees om al hierdie moontlikhede met die dr te bespreek sodat jy 'n diagnose kan kry en ons iets kan doen aan die saak. Dit is nie die nou die tyd om te probeer gewig verloor nie - dit sal jou potensieel nog meer uitgeput laat voel. Vind eers uit wat die moegheid veroorsaak en kry daarvoor behandeling, dan as jy beter voel en meer energie het, kan ons kyk na verslanking.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement