advertisement
Question
Posted by: gogga | 2009/02/06

moedeloos/gewigsprobleme

Ek is 47 jarige vrou. Het op 27 historektomie gehad en op 30 pasaangeer gekry. (het 3e gr hartblok gehad a.g.v griep) Is al op my 3e pasaangeer. Ek het 3 noodkeisers, sterilasie, historektomie, 3 pasaangeers, galblaas, littekenbreuk herstel en nog ' n paar kleiner operasies gehad. Het altyd gereeld skildklier en hormone laat toets, maar het die afgelope paar jare nie medies gehad. Ek sukkel geweldig met my gewig. Ek is 1.67m en weeg konstand 97kg. Ek het ook probleme met waterretensie en voel baie opgeblase. Ek het ' n relatiewe gesonde leefstyl van baie groente en vrugte en min vleis, As ek rooivleis eet sukkel ek ook met gewrigs en rugwerwelpyn. Ek word nie baie honger nie maar bly geweldig dors - ek drink baie vloeistowwe maar skei nie baie uit. Ek het ook geen probleem met ontlasting(6-8 keer per dag of as ek iets eet of drink). Ek het al my suiker ook getoets(onlangs) en dis normaal. Diete wil ook nie werk nie en oefening is beperk weens pasaangeer. Kan ook nie enige medikasie gebruik a.g.v pasaangeer. ek is totaal en al raadop

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Gogga
Ek kan verstaan dat jy moedeloos voel want jy het regtig baie mediese probleme gehad in jou lewe. Maar as gevolg van jou veelvoudige mediese probleme kan ek nie sommer vir jou 'n algemene verslankingsdieet oor die Internet aanraai nie. Ek sal jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om die naaste dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal 'n 'n lae-vet, lae glisemiese indeks (GI) dieet vir jou uitwerk wat dan jou bloedglukose en -insulienvlakke verbeter en gewigsverlies tot gevolg sal hê. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor die GI. Dit is belangrik dat jy 'n individuele dieetvoorskrif moet kry a.g.v. jou mediese kondisies. Mag jy dalk swem of is dit ook weens die pasaangeër verbied? indien nie, kan jy dalk elke dag bietjie swem vir oefening.
Ek hou vir hou duim vas.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Hannakie | 2009/02/27

Ek is 50 jaar oud en het nou vir die 1ste keer ' n operasie ondergaan historektomie wat dan ook komplikasies veroorsaak het en moes ek vir 2de keer geopereer word. is nou 1 week tuis maar my gemoedstoestand is nie lekker nie huil aanmekaar verskree ieder en elk en dit is nie my geaardheid nie, ek soek dringend raad my huishouding gaan daarmee heen.ASB!!!!!!!!!

Reply to Hannakie
Posted by: Anel | 2009/02/06

Het jy al dieetkundige oorweeg? Ek is by aanlyn dieetkundige www dot bettereat dot co dot za en het al amper 5kg verloor in 1 maand. Sy werk dieet volgense jou behoeftes uit

Reply to Anel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement