advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2010-02-16

moedeloos verby

Het siek begin voel in November, Vertigo is gediagnoseer het Zerc gekry en het gehelp. Sedert 25/12/2009 is ek nou al siek. Ek het letterlik 2 weke omgele. Was naar die hele tyd kon niks eet of drink nie. Drukking by voorkop gehad. Het ook pyn in ore en voel soos drukking na die ore. Gesig voel ook seer. Was oorspesialis toe maar niks fout. Baie bloedtoetse gedoen maar niks wys fout nie. Was internis toe het brein scan gedoen, maag sonar en ook kamera gesluk, weer bloedtoetse gedoen. Niks fout nie. Dokter noem toe dit is spanning, angs. Gee cipralex en ook Adco Alezaam (ek dink). Het baie beter begin voel maar nog steeds angsaanvalle gevoel onder die oppervlak. Moet heeltyd let op my gedagtes. Vandag is ek weer terug waar ek was, voel weer naar, gesig is seer en ore, drukking by my voorkop. Was by sielkundige hy het genoem kan depressie wees, ek het alles gedoen wat hy gese het ek moet doen, maar dit is terug.Het duisende rande gespandeer wat nou.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Private Benjamin
Mens voel dalk soms of die geld wat op al die toetse gespandeer "gemors" is, maar dit is nie, mens moet soek vir moontlike ernstige oorsake soos brein kankers of tumore in die oor, skildklier probleme ens. Depressie en angstigheid word baie keer deur 'n wanbalans van hormone in die brein veroorsaak en mens het nie altyd beheer daaroor nie. Gebruik jy nog jou voorgeskrewe medisyne? Kry jy ook terapie by die sielkundige om jou stress hantering tegnieke te leer? Ek wonder of jy nie dalk ook 'n tipe migraine kry met die seer kop en naarheid nie. Kry jy baie spierspasma in jou nek en skouers? Fisioterapie kan dalk daarvoor help. Kry vir jou bietjie Valoid vir die naarheid en probeer Adcodol vir die seer gesig (pasop - dit maak jou slaperig, en moenie aanmekaar elke dag gebruik nie want dit bevat 'n spierverlapper wat verslawend is) Maak ook net seker dat jy nie vir enige iets in die pille allergies is nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010-02-16

Hallo Private Benjamin
Mens voel dalk soms of die geld wat op al die toetse gespandeer "gemors" is, maar dit is nie, mens moet soek vir moontlike ernstige oorsake soos brein kankers of tumore in die oor, skildklier probleme ens. Depressie en angstigheid word baie keer deur 'n wanbalans van hormone in die brein veroorsaak en mens het nie altyd beheer daaroor nie. Gebruik jy nog jou voorgeskrewe medisyne? Kry jy ook terapie by die sielkundige om jou stress hantering tegnieke te leer? Ek wonder of jy nie dalk ook 'n tipe migraine kry met die seer kop en naarheid nie. Kry jy baie spierspasma in jou nek en skouers? Fisioterapie kan dalk daarvoor help. Kry vir jou bietjie Valoid vir die naarheid en probeer Adcodol vir die seer gesig (pasop - dit maak jou slaperig, en moenie aanmekaar elke dag gebruik nie want dit bevat 'n spierverlapper wat verslawend is) Maak ook net seker dat jy nie vir enige iets in die pille allergies is nie.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement