advertisement
Question
Posted by: Smirna | 2011-06-22

Moedeloos gesukkel

Hallo Diet Doc ek is moedeloos gesukkel om gewig te verloor ek het al vir al wat ''n bloedtoets gegaan maar al my hormone is in plek en daar is niks fout met my skildklier of my insulien nie. Die hele feit dat ek nie gewig verloor nie is besig om my baie depresief te maak (ek het altyd so 50kg geweeg en staan nou al op 68kg ek is 40 jaar oud). Ek verskree my kinders en my man en is doodongelukkig met alles en dit alles as gevolg van my gewig! Ek wil nie meer so vet wees nie en is besig om ''n self haat te ontwikkel. Ek weet dit klink vreeslik melodramaties maar dit is hoe ek voel. Ek het begin fietsry en probeer regtig reg eet! Help asseblief!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Smirna
Omdat jy nie vir my jou lengte in meter gegee het nie, kan ek nie uitwerk of jy wel oorgewig is, al dan nie. Maar as ek so luister na wat jy sê, dan is dit moontlik dat jou geestestoestand besig is om jou gewig te beïnvloed. Depressie is een van die toestande wat 'n mens kan groot hoeveelhede gewig laat optel of laat verloor, afhangende van die persoon se individuele reaksie. Dit wil voorkom dat dit in jou geval lei tot gewigstoename en ook probleme met verlies. Ek wil graag voorstel dat jy 'n kliniese sielkundige spreek, sodat hy/sy vir jou kan evalueer en jou kan help om hierdie negatiewe selfbeeld en afkeuring om te swaai sodat jy weer kan fungeer en jou lewe kan terugkry. Laat ons eers kyk na die onderliggende geestelike probleem en dit reg maak, andersins sal al die diëte in die wêreld nie help nie. Wanneer jy jou ewewig herwin het met die hulp van die sielkundige (jou huisdokter kan jou verwys), sal ek ook voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele evaluering en 'n dieetvoorskrif wat jou sal help om gewig te verloor. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Find a dietitian' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is moontlik dat jy op 'n spesifieke dieet sal moet gaan om jou gewigsprobleem aan te spreek, wat die dieetkundige vir jou sal uitwerk. Die dieetkundige sal jou ook bystaan en onderskraging verleen.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011-06-22

Beste Smirna
Omdat jy nie vir my jou lengte in meter gegee het nie, kan ek nie uitwerk of jy wel oorgewig is, al dan nie. Maar as ek so luister na wat jy sê, dan is dit moontlik dat jou geestestoestand besig is om jou gewig te beïnvloed. Depressie is een van die toestande wat 'n mens kan groot hoeveelhede gewig laat optel of laat verloor, afhangende van die persoon se individuele reaksie. Dit wil voorkom dat dit in jou geval lei tot gewigstoename en ook probleme met verlies. Ek wil graag voorstel dat jy 'n kliniese sielkundige spreek, sodat hy/sy vir jou kan evalueer en jou kan help om hierdie negatiewe selfbeeld en afkeuring om te swaai sodat jy weer kan fungeer en jou lewe kan terugkry. Laat ons eers kyk na die onderliggende geestelike probleem en dit reg maak, andersins sal al die diëte in die wêreld nie help nie. Wanneer jy jou ewewig herwin het met die hulp van die sielkundige (jou huisdokter kan jou verwys), sal ek ook voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek vir 'n individuele evaluering en 'n dieetvoorskrif wat jou sal help om gewig te verloor. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Find a dietitian' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is moontlik dat jy op 'n spesifieke dieet sal moet gaan om jou gewigsprobleem aan te spreek, wat die dieetkundige vir jou sal uitwerk. Die dieetkundige sal jou ook bystaan en onderskraging verleen.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.