advertisement
Question
Posted by: KHC | 2011/01/06

moedeloos

dokter,

Ek sukkel vir baie jare met ''n uitslag op my vel, hardlywigheid en kroniese moegheid en hoofpyne en testikels wat kleiner voel.
Ek vermoed dis dalk ''n immuunsisteem reaksie of allergie wat die uitslag veroorsaak (dit voel asof die vel ''n dik kors/leer-agtige voorkoms het)- en dalk bloedtoevoer belemmer.
ek was al by verskeie dokters, niemand kon nog sover hierdie kondisie korrek diagnoseer nie. die verkleining op die testikels het ek eers ''n jaar of wat terug begin - terselfdetyd het ''n ou operasie wond ook begin trek en jeuk- dit lyk asof die veluitslag homself uitwoed - of ''n nuwe vel onder na vore kom, dit jeuk erg op skrotum ens - ek was al by 2 dermatoloë  ook - hulle reken daar is nie enige probleme nie - tog sukkel ek met al die ander simptomes wat my lewe ondraaglik maak. Ek het ''n endokrinoloog onlangs geskakel en bg. verduidelik (na verwysing vanaf ''n uroloog) - wat vir my gesê  het dat imuunsisteem en allergiee buite die endokrinologie veld val. het u dalk enige idee wie ek kan sien?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo KHC
Dis dalk 'n kombinasie van verskeie probleme. Ek stel voor dat jy bloed laat trek en jou skildklier sowel as testosteroon vlakke laat trek (jou GP kan die basiese toetse doen). 'n IGE bloedtoets kan jou 'n aanduiding gee of daar dalk 'n onderliggende allergie is wat die vel toestand veroorsaak (ek vermoed dit is waarskynlik 'n tipe ekseem). Chroniese moegheid kan veroorsaak word deur baie dinge - sien http://health.mweb.co.za/you_pulse/Articles/3937-3939,41838.asp
Miskien is 'n algemene internis 'n goeie beginpunt.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/01/06

Hallo KHC
Dis dalk 'n kombinasie van verskeie probleme. Ek stel voor dat jy bloed laat trek en jou skildklier sowel as testosteroon vlakke laat trek (jou GP kan die basiese toetse doen). 'n IGE bloedtoets kan jou 'n aanduiding gee of daar dalk 'n onderliggende allergie is wat die vel toestand veroorsaak (ek vermoed dit is waarskynlik 'n tipe ekseem). Chroniese moegheid kan veroorsaak word deur baie dinge - sien http://health.mweb.co.za/you_pulse/Articles/3937-3939,41838.asp
Miskien is 'n algemene internis 'n goeie beginpunt.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement