advertisement
Question
Posted by: private benjamin | 2010/01/11

moedeloos

was gediagnoseer met vertigo in November. Het zerc gebruik wat gehelp het. Op Kersdag moes ek uit die Kerk gaan het gevoel of ek gaan flou word. Sederdien voel ek net met een woord aaklig. Ek was op vakansie en het letterlik 2 weke om gelê . Is die hele tyd naar kan nie eet nie. Kos en koffie / tee sit my heeltemal af. Voel ook bietjie dronk in my kop maar nie so erg nie. Was by ENT gewees maar hy vind niks fout met my het ook baie bloedtoetse aangevra maar alles wys reg. Ek is al so moedeloos om nie lekker te voel nie. Ek voel ook baie bewerig van binne as Dokter verstaan wat ek bedoel. My pols was nou die dag 116. Is dit weer vertigo en gaan ek dan vir die res van my lewe so voel. Ek is so moeg ek wil en kan net slaap die hele dag. Dit is eintlik die enigste tyd wat ek o.k voel is wanneer ek lê . Moet elke dag naarpille drink, kopseerpille en weer zerc. Het ook laaste tyd sooibrand. Wat kan ek doen om vertigo te voorkom, kan ek pille drink om die simptome te beheer. Asseblief help dringend. Kry angsaanvalle ook.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Private Benjamin
Daar mag dalk meer as een ding fout wees op die oomblik. Vertigo gee draai duiseligheid en 'n karsiek naar gevoel. 'n Maagseer of gastritis ( inflammasie van die maagslymvlies) kan ook vir jou chroniese naarheid gee. Die vinnige pols en bewerige gevoel, en gevoel van floute kan 'n aanduiding wees van 'n hart ritme onreelmatigheid. Ek dink jou dokter moet jou maar weer van voor af mooi deurkyk en iets gee vir die angstigheid ook.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Susan Davel | 2010/03/28

Ek voel die afgelope week naar. Ek slaap ook min, 4uur pn of so.

Reply to Susan Davel
Posted by: cyberdoc | 2010/01/11

Hallo Private Benjamin
Daar mag dalk meer as een ding fout wees op die oomblik. Vertigo gee draai duiseligheid en 'n karsiek naar gevoel. 'n Maagseer of gastritis ( inflammasie van die maagslymvlies) kan ook vir jou chroniese naarheid gee. Die vinnige pols en bewerige gevoel, en gevoel van floute kan 'n aanduiding wees van 'n hart ritme onreelmatigheid. Ek dink jou dokter moet jou maar weer van voor af mooi deurkyk en iets gee vir die angstigheid ook.
Dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement