advertisement
Question
Posted by: Karien Potgieter | 2009-09-26

Moedeloos

Ek is so moedeloos met myself dat ek nou in trane hier sit. Ek het baie stres gehad die afgelope tyd en ek voel ek is nie gesond nie. Ek is oorgewig, heeltemal onfiks en voel sommer lelik. Ek wil hoor na watter dokter ek kan gaan in Pretoria want ek weet daar is iets fout. My kop draai (vertigo), ek het geen eetlus nie, sodra ek iets eet moet ek toilet toe hardloop, ek is huilerig. Ek kan dit nie meer verdra as ek na ' n dokter toe gaan in Polokwane hulle net sê  ek moet gewig verloor nie. Ek is doodmoeg en moet myself uit die bed dwing in die oggend. Kan dr asseblief vir my verwys na ' n dokter sodat hulle my van kop tot tone kan toets.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karien

Ek stel voor dat jy 'n hospitaal in Pretoria kontak en hulle vra vir die besonderhede van 'n goeie internis, asook besonderhede van 'n endokrinoloog. Die internis sal na jou algemene gesondheid kan omsien en die endokrinoloog sal kan bepaal of daar fout is met jou hormone.

Ongelukkig is ek in Kaapstad en is daarom nie bekend met enige spesialiste in Pretoria nie.

Sterkte

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Frieda | 2009-11-10

My ma is baie siek.sy is oogewig bly moeg,het vreeslike pyn in haar maag.sy het water in haar liggaam.en kla dat sy hartkloppings kry.ons bly in die karroo nie naby goeie spesialiste.asb het iemand dalk raad.na watter tipe dokter kan ek haar vat sodat haar kan help asb.

Reply to Frieda
Posted by: POPPIE | 2009-10-19

MY MAN HET ' N BLOEDDRUK PROBLEEM EN ONS IS NOU AL MOEDELOOS WANT SY BLOEDDRUK WIL NET NIE REG KOM NIE,
HY IS OOP DIE OOMBLIK OP ENAP 10MG. EK IS BAIE BEKOMMERD OOR HOM, HY IS BAIE ONGEDULDIG EN SWEET VERSKRKLIK, HOOFPYNE EN NAARHEID. ONS WEET NIE MEER WAT OM TE DOEN NIE, SY BLOEDDRUK WAS ' N WEEK TERUG 160/140. EK VRA NET ' N BIETJIE RAAD ASSEBLIEF

GROETE
POPPIE BADENHORST
072 112 0408

Reply to POPPIE
Posted by: Ets | 2009-09-26

Ek is dalk nou lelik maar ek was 6 maande in Pietersburg op projek en julle dokters is power. Na 2 week se pynlikke blaas is hulle oortuig ek het `n STD maak nie saak hoeveel keer ek se ek is nie seksueel aktief nie en behandel my vir Sifelis(Weet nie eens hoe spel mens dit nie). Week later kon ek by my huisdokter in Pretoria uitkom. Blaas infeksie. 2 dae toe is alles verby.

Dr Paul Strydom(Internis)
Kloof Hospitaal
Pta

Die ou is uiters goed en deeglik. Plus van een vet mens aan `n ander. Hy is `n dokter wat besef oorgewig is `n probleem maar hy kyk nie teen dit vas nie. Hy soek nog steeds vir die ander moontlikke oorsake. En hy hammer nie op gewig soos ander nie.

Ek gaan nie sy nr hier publiseer nie maar soek hom gerus op. Hospitaal se nr is op die internet en gidse, Vra net sy nr.

Reply to Ets

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement