advertisement
Question
Posted by: leslie | 2009/09/15

miv-vraag

Beste dokter,

My huisbediendetjie is vyf en n half jaar gelede positief getoets vir MIV. Sy weet nie dat ons bewus is van die uitslag nie, so is dit nog nooit tussen ons opgehaal nie.
Sy is redelik gesond, behalwe vir n verkouetjie/griep af en toe, niks meer as enige ander persoon nie, asook n knaende diarree. Sy het in die eerste jaar na diagnose bykans 25kg gewig verloor, maar is nou op konstante gewig en glad nie maer, of vertoon glad nie ongesond nie.
Ek is ook n ie seker of sy anti-retrovirale middels gebruik nie. Vir die tweede keer in n jaar is sy nou siek met n vreeslike pyn in die nek en skouer-area. Sy loop eintlik so skewekoppie. Ek wonder of dit n toevallige probleem is, en of dit dalk een of ander manifestasie van die virus self is, bv infeksie of ietsie v d kliere in nek? Of dink dokter dis maar n toevallige probleem en niks te doen met vigs nie?
Hoe gaan ek te werk as ek bv agterkom dat sy sieker word, ek kan reeeds sien dat die werk vir haar te veel word? Haar UIF is op datum, maar ek ' ' weet mos nie' '  van die siekte nie?
Dankie vir die goeie raad altyd in u rubriek/

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Leslie
Ek het dieselfde dilemma gehad! Die huidige kop en nek probleem is waarskynlik nie van die virus nie.
Probeer vir haar iets soos Sibusisu ready food in die hande kry - dit lyk soos peanut botter en gee vir hulle al die vitamienes etc wat hulle nodig het. Jou apteek kan vir jou bestel - koop sommer groot maat, dit werk goedkoper uit (6 of 12 botteltjies)
Wat ek gedoen het- Ek het vir haar gesê ek sien sy voel siek, as die werk te veel raak, kan sy afskaal na 2 of 3 dae per week en dan sal ek 'n temp inkry om die ander dae te werk. Of split die werk - dat sy net bv was en stryk en kry iemand anders om die huis skoon te maak ( op 'n ander dag!) Die probleem is dat hulle die geld nodig het en nie net wil ophou werk nie. As hulle te siek word, kan jy probeer om vir haar te reel vir 'n ongeskiktheids pensioen - dit is maar 'n langdradige prosedure maar hulle is eintlik baie hulpvaardig. Dit gaan egter tot 6 maande neem voor sy regtig die geld in die hand het en intussen moet hulle iets hê om van te lewe! Die hiv klinieke by die meeste groot hospitale is eintlik baie goed georganiseer en kyk mooi na hulle - sorg dat sy gereeld hospitaal toe gaan vir opvolge - al maak jy of jy nie weet waarvoor dit is nie.
As sy nie meer gewig verloor nie is sy waarskynlik op ARV's.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement