advertisement
Question
Posted by: Mari | 2012-03-13

mitraalklep

Ek is vroulik en 49 jaar oud. Ek het geringe mitaalklepprolaps. Ek gebruik hexarone 100 en ecotrin 81mg daagliks. My dr se ek kan hexarone los en hom eers oor 2 jaar weer sien. Ek is bang om dit net so te los, kan ek eers n half en dan n kwart vir n tydjie gebruik voor ek finaal ophou? Ek wil ook weet kan ek enige aspirien vir hoofpyn neem tesame met die ecotrin? Is die hartmissings wat ek soms kry normaal? Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Mari,

Baie jong vroumense het geringe mitralklepprolaps, en in die groot meerderheid van sulke mense is medikase nie nodig nie. Jy se nie hoekom jy op Hexarone en Ecotrin is nie. Gewoonlik is Hexarone net gebruik vir mense met belangrike hartritmestoornisse soos atriale fibrillasie, wat in jou geval onwaarskynlik is. Hexarone kan ook lelike newe-effekte veroorsaak, en is gewoonlik nie ‘n goeie medikasie vir langtermyn gebruik in jong mense nie. Ek stem saam met jou dokter; dat jy die Hexarone los en dat jy hom of haar weer sien na ‘n paar maande sonder Hexarone.

Jy kan ook die Ecotrin los, and jy kan natuurlik aspirin gebruik vir hoofpyn indien nodig.

“Hartmissings” gebeur baie dikwels in jong vroumense, nie noodwendig net in pasiente met mitralklepprolaps nie, en is gewoonlik glad nie gevaarlik nie. Hulle kom so dikwels voor dat hulle kan as normaal beskou word, en medikasie is gewoonlik nie noodsaaklik nie.

Sterkte, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cardiologist | 2012-03-22

Beste Mari,

Baie jong vroumense het geringe mitralklepprolaps, en in die groot meerderheid van sulke mense is medikase nie nodig nie. Jy se nie hoekom jy op Hexarone en Ecotrin is nie. Gewoonlik is Hexarone net gebruik vir mense met belangrike hartritmestoornisse soos atriale fibrillasie, wat in jou geval onwaarskynlik is. Hexarone kan ook lelike newe-effekte veroorsaak, en is gewoonlik nie ‘n goeie medikasie vir langtermyn gebruik in jong mense nie. Ek stem saam met jou dokter; dat jy die Hexarone los en dat jy hom of haar weer sien na ‘n paar maande sonder Hexarone.

Jy kan ook die Ecotrin los, and jy kan natuurlik aspirin gebruik vir hoofpyn indien nodig.

“Hartmissings” gebeur baie dikwels in jong vroumense, nie noodwendig net in pasiente met mitralklepprolaps nie, en is gewoonlik glad nie gevaarlik nie. Hulle kom so dikwels voor dat hulle kan as normaal beskou word, en medikasie is gewoonlik nie noodsaaklik nie.

Sterkte, JT

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.