advertisement
Question
Posted by: Anon-a-muisie | 2008/06/02

Miskien weet GOD tog beter.

Ek kon nie kinders he nie toe neem ek iemand aan.

Ek is 'n slegte ma.

Miskien het GOD tog geweet wat hy gedoen het toe hy my nie met 'n kind wou seen nie ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Useful responses. Teenagers are often a pain in the neck, and that's in the nature of the species, and not your fault. You are NOT a bad mother, just a sincere person worried by someone who is being difficult. Maybe seeing a counsellor for a few sessions would help you feel more confident again, and plan how to handle these behaviour problems with the kid

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: Gracie | 2008/06/03

Is sy verneder omdat jy haar geklap het? DInk sy dalk hoe het jy gevoel toe sy vir jou se "ek sal jou bliksem" - was dit nie vir jou vernederend dat 'n snotkoppie so met jou praat nie? Ek is dan ook 'n slegte ma, want as een van my kinders dit vir my moet se, sal ek vir hom/haar wys hoe goed kan ek ook "bliksem". Sy gaan deur 'n moeilike tiener stadium, maar dit is geen rede om so met jou te praat nie! Jy het goeie rede gehad om haar te klap! Sy het nie respek vir jou as sy so met jou praat nie! Hoe lank sal dit wees voor sy haar dreigement uitvoer?? As sy jou kan dreig, kan sy dit sekerlik ook doen!! As sy respek by jou wil he, moet sy weet dat sy jou ook moet respekteer - as haar MA! Los haar uit soos sy vra - sy sal gou weer regkom. Ignoreer haar tot haar bui gesak het en dan praat met haar en se vir haar dat jy verwag dat sy jou moet respekteer en dat jy nie sulke slegte maniere sal duld nie! Sterkte!

Reply to Gracie
Posted by: Bee | 2008/06/02

Ek is n aangenome dogter. Ek het die wonderlikste ouers in die heelal gekry en toe ek in my tienerjare was, het ek hulle absolute HEL gegee. Ek was kwaad vir my biologiese ma, ek het verwerp gevoel en gevoel ek is nie goed genoeg nie. En wie beter om dit alles op uit te haal as jou aangenome ma, wat jou voorwaardelik liefhet en altyd daar gaan wees vir jou? My ma het my ook al geklap, maar glo my, ek het daarvoor gesoek en haar nie eintlik 'n keuse gegee nie. Dit was my skuld! Dit het hara nie minder lief gemaak vir my of ek vir haar nie. Sulke dinge gebeur, ons is almal mense wat foute maak.

Jy is 'n goeie ma! Jou dogter gaan deur 'n slegte stadium wat niemand vir hara kan makliker maak nie! Praat met haar oor die aaneming, vertel haar jy is lief vir haar en gaan daar wees vir haar maak nie saak wat nie. Se vir haar jy sal haar ondersteun as sy haar biologiese ma wil ontmoet. Glo my, dis die rede van al ons aangenome kinders se tienertantrums, die verwerping wat ons van dag een af ervaar, maak nie saak hoeveel liefde ons van ons biologiese ouers kry nie!

xxx

Reply to Bee
Posted by: Britty | 2008/06/02

God makes the sun shine on good and bad alike (thats in the Bible) - his goodness is there for all to enjoy and so yes you deserved a child. God doesn't always give us what we want but he gives us what we need and he gave you the child you needed. Yes you lost your temper, you will know better next time. Meanwhile try and heal the hurt between you and your child but be firm as to the manner in which she is expected to treat you and tell her you will do the same. Good Luck.

Reply to Britty
Posted by: Tania | 2008/06/02

sy voel verneder. dis ook ok, sy sal daaroor kom. dis nie maklik om n ouer te wees nie, en dis seer vir altwee van jul

Reply to Tania
Posted by: Maria | 2008/06/02

Skryf vir haar 'n briefie miskien?

Reply to Maria
Posted by: anon-a-muisie | 2008/06/02

Vanoggend vat ek vir haar tee sy se net vir my LOS MY UIT en draai haar rug op my. Toe vererg ek my weer.

Reply to anon-a-muisie
Posted by: Maria | 2008/06/02

Ag Muisie, dis nie lekker nie maar solank jy haar nie gereeld klap nie, maak dit ook nie van jou 'n slegte ma nie. Kinders dryf mens teen die mure uit en jy is net menslik. Gaan sit met jou dogter, vra verskoning, en gaan aan met julle lewens.

Reply to Maria
Posted by: Tania | 2008/06/02

hey, ek sou tien ten een my meisiekind ook geklap het. dit het gebeur dis verby. tieners is moeilik en toets jou patience. God sou nie toegelaat het dat jy haar aanneem nie. as dit so aangaan, dink ek sy moet met iemand gaan praat.
we r all human n make mistakes, that doesnt make us bad ppl or parents

Reply to Tania
Posted by: Anon-a-muisie | 2008/06/02

Omdat ek my tiener dogter deur haar gesig geklap het met die plathand gisteraant nadat sy vir my na 'n instruksie gese het EK SAL JOU BLIKSEM en gemaak het of sy my gaan klap.

Reply to Anon-a-muisie
Posted by: Maria | 2008/06/02

Hoekom dink jy dat jy 'n slegte ma is?

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement