advertisement
Question
Posted by: ann | 2008/08/12

Mirena en swaar bloeding

Ek het die Mirena laat insit in Januarie. My periodes het minder geword, maar langer geduur. Ek het ook gewig opgetel om my middel. Ek het die maand vreeslik begin bloei, met groot donkerrooi stukke gestolde bloed wat ook uitgekom het. (Skuus ek se dit so prontuit) Ek vloei nou al so sterk vir ' n week en het vreeslik pyn in my regtersy. Vanoggend het die Mirena uitgekom. Dit was heeltemal omhul in ' n die donker gestolde bloed. Die hele aanpaksel was omtent so groot soos 2 vingers langs mekaar. Ek het die Mirena bloot gebruik omdat ek so swaar menstrueer en nie vir voorbehoeding nie. Wat moet ek nou doen? Moet ek dokter toe gaan? Is daar enige ander alternatief vir sulke swaar menstruasies? Ek was al op 26 op hormoon vervangings terapie en ek is so moeg gesukkel, dat ek nou al ' n historektomie oorweeg, maar ek weet dit is nie die antwoord nie. Of is dit ? Voor die Mirena wou ek nie eers uit die huis uitgaan as ek menstueer nie, want ek is bang dat ek in die verleentheid gestel gaan word. As ek moes uitgaan, het ek heeleerste gekyk waar badkamers is. Ek is nou 36 en het 3 kinders en beplan glad nie meer kinders nie. U raad sal vreeslik waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ann
Ja, jy moet asseblief dokter toe gaan. Jy hoef nie nou al 'n histerektomie te kry as jy nie wil nie, jy kan endometriële ablasie oorweeg waar hulle die binnekant van die baarmoeder met laser, hitte of elektriese stroompie vernietig sodat jy ophou menstrueer. Die ander alternatief is 'n histerektomie - deesdae verwyder hulle net die baarmoeder en die serviks, die ovaria bly en die vagina bly intakt. Maar jy verdien waarskynlik 'n meer permanente oplossing as ek so luister na jou simptome!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Zexeon | 2008/08/12

Ek sal persoonlik nie so ' n drastiese stap neem soos ' n histerektomie nie want ek hou van opsies oop hou, wat van as jy dalk die aangeleentheid met jou dr. bespreek.

Reply to Zexeon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement