advertisement
Question
Posted by: Rika | 2009/02/12

Min slaap

Hallo, ek het oor die algemeen ' n vaste gaan slaaptyd en ' n opstaan tyd, maar die afgelope maand is ek wakker tot so 12:30 en later in die aande, en wanneer ek uiteindelik slaap is ek weer so 05:00 wakker, dit is asof my verstand nie af wil skakel nie, ander keer weer slaap ek my gewone tyd tussen 22:00 en 22:30, maar dan word ek so teen 03:00 wakker en is helder wakker. wat kan ek doen om deur te kan slaap. Ek drink nie baie koffie voor slaaptyd nie, seker so 1 koppie na 5 in die middag.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSleep Expert

Hierdie is 'n redelike tipiese patroon van depressie. Indien u wel dink dat u depressief mag wees, bespreek dit met u huisdokter, en vra of hy u nie op medikasie daarvoor wil plaas nie.

As dit nie die geval is nie, help dit om uit die bed op te staan as u nie kan slaap nie, sit stilletjies, en lees totdat u weer moeg voel, en klim dan terug in die bed.

As altwee nie help nie, behoort u 'n slaap dokter to gaan sien.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Bernie | 2009/03/16

Hierdie simtome klink asof julle my beskryf. Het vir baie lank gesukkel met slaap en vir een of ander rede het almal altyd depressie opgebring as ' n rede. Dit was absoluut nonsens!!! Amper ' n jaar gelede het ek besluit om by ' n gym aan te sluit en kan met 100% sekerheid almal meedeel dat ek nou ' n wonderlike nagrus het elke aand wat ek van die gym af terug kom. Nie meer die rondrol en gedagtes wat my aan die gang hou nie. Net rustige drome en dis wonderlik. As dit in julle vermoë  is om ' n bietjie oefening te kry (cardio verkieslik) probeer dit gerus. Dit werk vir my soos ' n bom!

Reply to Bernie
Posted by: Lewens moeg | 2009/03/04

Ek makeer niks! Nie stres nie, skildklier probleem nie, drink nie koffie, tee of drank nie, maar is in die aande 9 uur so vaak. Klim ek in die bed, is ek wawyd wakker, My brein skakel net nie af nie... hop rond... of as ek slaap is dit net tot 1 uur se kant en is dan helder wakker. Le verder net en rondrol en staan moeg op. Enige raad?

Reply to Lewens moeg
Posted by: Thyroid | 2009/02/20

Rika ek het ook hierdie probleem gehad totdat ek my skildklier laat toets het. My slaaploosheid was as gevolg van ' n ooraktiewe skildklier en vandat ek dit laat verwyder het is alles op ' n einde. Laat joune dadelik toets dit KAN DALK die oorsaak wees.

Reply to Thyroid

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement