advertisement
Question
Posted by: Elize | 2010/06/24

Milt &  Limfstelsel

My dogter is 17 en haar milt is in Desember weens mediese redes verwyder. Sy is op 18 maande met ''n vergrote milt en lewer gediagnoseer en alle moontlike toetse is deur die loop van die jare gedoen. (lewer biopsies, beenmurg toetse op 3jr). Geen finale oorsaak kon egter ooit gevind word nie. Sy het teen Junie verlede jaar kronies geelsug begin kry en ons het toe besluit om die milt te verwyder. Dit was ''n kolosale 30cm, agter die milt het hulle egter op verwronge kliere afgekom wat met kanker verwante siekte verband hou. Die limf kliere en lewer biopsie se toetse was gelukkig negatief. My dogter ondervind egter vanaf haar operasie geweldige probleme met haar limf kliere wat geweldig swel en vog retensie. Sy het ook ''n aansienlike gewig toename alhoewel sy al hoe minder eet. Ek sal enige raad waardeer.

Elize

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Elize
Ek gaan nie eintlik vir jou veel raad kan gee nie - want ek gaan te veel inligting nodig hê om 'n idee te kry wat regtig aangaan. Kyk bietjie hierna: http://www.mayoclinic.com/health/enlarged-spleen/ds00871/dsection=causes
Die vog retensie kan die oorsaak vir haar gewigstoename wees en is gewoonlik agv lae protein vlakke (omdat die lewer nie reg werk nie), water terughouding (omdat die niere nie reg werk nie), of hartprobleme. Limfkliere kan swel agv infeksies, inflammasie (outo immune siektes) of kankers. Ek stel voor dat julle haar dalk by 'n lewer spesialis kry (as jy my laat weet in watter area julle bly kan ek kyk of ek julle 'n kontak nommer kan gee)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Johanita | 2015/02/17

Hi ek is opsoek na n lewer spesialis in Pretoria? Het jy dalk vir my enige voorstelle en nommers asb?

Reply to Johanita
Posted by: Johanita | 2015/02/17

Hi ek is opsoek na n lewer spesialis in Pretoria? Het jy dalk vir my enige voorstelle en nommers asb?

Reply to Johanita
Posted by: Marinda | 2014/04/13

Vergrote milt en lewer van herhaaldelik malaria Ek is gediognaseer met 'n vergrote milt en lewer nadat ek SA toe is om ek 'n hoe koors gekry het en het ons 'n bloedsmering by die kliniek laat doen in Beira Moz. Want ons het eers gedink dit is weer malaria, dit was negatief en ons was oppad SA toe toe het die dokter in SA weer 'n malaria toe gedoen en ook my lewer en milt. Waarby dit toe bietjie hoog was en hy besluit het om my stuur vir 'n sonar, bevestig het dat altwee vergroot is. My stoelganing is soos wate, en my lewer en mult is seer ons woon in Moz. Ek drink op die staduim boibalance immunova+. Watse newe efekte kan die vergrote milt en lewer veroorsaak?

Reply to Marinda
Posted by: Lynette | 2013/10/14

Hi, Ek het 'n vreeslike pyn in die regterkant van my maag onder. Die dokter het my na 'n ginekoloog gestuur om my eierstokke te ondersoek, daar was net 'n klein sist wat bleikbaar algemeen is en vanself verdwyn , daarna het hy my vir 'n toets gestuur waar huller vloeistof in jou dikderm spuit en dan op 'n skerm na jou dikdern kyk (ek dink dis iets soos "Clisma barium"), geen fout daar ook nie, ek kom agter dat dit vererger mer spanning, en verbeter as ek ontspanne is, kan dit 'n maagsweer wees (aptekers sê dis te lag vir 'n maagswer ?)

Reply to Lynette
Posted by: Salet du Plessis | 2010/09/06

My baarmoeder is verwyder maar eierstokke nog daar. Kan daar nog bevrugting plaasvind en is daar alternatiewe om ''n kind te he

Reply to Salet du Plessis
Posted by: Elize | 2010/06/25

Baie dankie Dr Bets ek waardeer jou terugvoer. Ons woon in Vanderbijlpark.

Reply to Elize
Posted by: Cyberdoc | 2010/06/24

Hallo Elize
Ek gaan nie eintlik vir jou veel raad kan gee nie - want ek gaan te veel inligting nodig hê om 'n idee te kry wat regtig aangaan. Kyk bietjie hierna: http://www.mayoclinic.com/health/enlarged-spleen/ds00871/dsection=causes
Die vog retensie kan die oorsaak vir haar gewigstoename wees en is gewoonlik agv lae protein vlakke (omdat die lewer nie reg werk nie), water terughouding (omdat die niere nie reg werk nie), of hartprobleme. Limfkliere kan swel agv infeksies, inflammasie (outo immune siektes) of kankers. Ek stel voor dat julle haar dalk by 'n lewer spesialis kry (as jy my laat weet in watter area julle bly kan ek kyk of ek julle 'n kontak nommer kan gee)
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement