advertisement
Question
Posted by: Belinda | 2012/11/30

Migraines, dronk gevoel en swak sig

Goeie more dr,

Ek kry migraines. Dit begin met goed wat voor my oe rond swaai, later begin daar swart kolle in gedeeltes van my visie, dan kan ek nie sien nie, dit voel asof ek in ''n tonnel is en droom, asof niks om my werklikheid is nie. Na dit begin ek hoofpyne te kry.

Ek het gewonder of dit dit een van die volgende kan wees:
*hormone
*ek kry van tyd tot tyd lae bloeddruk
*ek kry van tyd tot tyd lae bloedsuiker
*ek was 10jaar terug in motor ongeluk en het my nek en rug spiere seer gemaak, ek kry steeds kort kort fisio vir my stywe spiere wat nog steeds nie wil ontspan na die ongeluk nie
*stres, dr''s het al vir my gesê  ek stres sonder dat ek weet ek stres

Ek het al na verskeie dokters, onder andere Neuroloog toe gegaan en bly steeds elke dag vir al as ek bestuur verskriklik dronk. Ek ry elke dag van Kempton Park af na Pretoria. En al kry ek nie die migraine nie voel dit steeds of ek nie lekker kan sien nie en dat daar goed voor my oe beweeg en die swart kolle liggies is, nie so erg soos wanneer ek ''n migraine kry nie maar dis tog die hele tyd daar.Die dronk gevoel is partykeer asof ek voel of ek weg raak vir paar sekondes.

Ek het ook al begin wonder of dit nie my ore kan wees nie?

Sal dit baie waardeer as u my vrae kan antwoord.

Dankie
Belinda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Belinda,

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: annett6 d | 2015/09/06

swart kolle voor oe wat kan dit wees

Reply to annett6 d

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement