advertisement
Question
Posted by: kate | 2008/09/01

Q.

middeloor infeksie

Dokter, my kleindogter het n toestand waar sy lighoofdig word , naer en hoofpyn kry. Ons dokter se dit is bogenoemde. Anelline Kriel se gewese man het dit ook gehad. Volgens ons dr sal dit periodiek voorkom en is dar nie algehele genesing voor nie. Sy moet maar net die voorgeskrewe pille daarvoor neem. Ek vertrou ons dokter maar wou tog net van u ook hoor. Is dit so en wat is die regte mediese term daarvoor?
Sy het ook n kromming op haar rug. Ons dr het gese dit sal weggaan op ongeveer 16 jaar. Sy is nou 15 en dit het nie verbeter nie. Sy is pragtig en blink uit op baie gebiede. Dit sal jammer wees indien sy wel gehelp kon gewees het en ons het maar net aanvaar dat dit op 16 sal verdwyn. U opinie word waardeer.

Expert's Reply

A.

Expert ImageCyberDoc

Kate

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ongelukkig kan ek nie jou kleindogter ondersoek nie en daarom stel ek voor dat julle 'n tweede opinie by 'n oor, neus en keel spesialis kry, insake die middeloor infeksie.

Die kromming van haar rug, word Lordose genoem en moet deur 'n ortopeet ge-evalueer word. Op 'n jong ouderdom word daar 'n reeks x-strale geneem om die graad van Lordose vas te stel en dan te besluit of dit met chirurgie behandel kan word en of dit self sal opklaar.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement